Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Onderwys
Meer as 3 000 in Wolkskool se wiskunde-klas

Meer as 9 700 leerlinge het Maandag aangesluit by Die Wolkskool, Solidariteit se aanlyn platform van sy Skoleondersteuningsentrum (SOS).

Die Wolkskool is tans gratis as hulpmiddel vir leerlinge en het Dinsdag sy eerste aanlyn lesse regstreeks vir matrieks aangebied.

Vakke wat aangebied word, is wiskunde, lewenswetenskap, Afrikaans huistaal, fisiese wetenskap, Engels eerste addisionele taal, besigheidstudies, wiskundige geletterdheid en rekeningkunde.

Die SOS sê in ’n verklaring sowat 3 800 leerlinge het Maandag vir die wiskundeklas ingeskakel en meer as 1 700 leerlinge vir die lewenswetenskapklas. 1 590 leerlinge het na die klas vir Afrikaans huistaal gekyk.

Die SOS sê in ’n verklaring sowat 3 800 leerlinge het Maandag vir die wiskundeklas ingeskakel en meer as 1 700 leerlinge vir die lewenswetenskapklas.

Skole sou vandag heropen, maar weens die staat van inperking is die datum vir heropening voorlopig tot 20 April geskuif.

Volgens die SOS is daar nou meer as 51 000 leerlinge van alle grade by Die Wolkskool geregistreer.

“Die drastiese groei in leerlingtalle hou bepaalde uitdagings vir die tegnologie in.

“Om die groter aanvraag te hanteer, word die infrastruktuur-kapasiteit deurlopend uitgebrei. Aanpassings word juis tans gemaak. Die Wolkskool behoort teen Woensdagoggend weer vlot te funksioneer.”

Die regstreekse uitsendings van klasse word tot 9 April elke weeksoggend aangebied.

Matrieks kan by live.wolkskool.co.za inskakel op uitsendings.

Die program is as volg:

Wiskunde: 08:25 - 09:20

Lewenswetenskap: 09:30 - 10:20

Afrikaans huistaal: 10:30 - 11:20

Fisiese wetenskap: 11:30 - 12:20

Engels: 12:30 - 13:20

Besigheidstudies: 13:30 - 14:20

Wiskundige geletterdheid: 14:30 - 15:20

Rekeningkunde: 15:30 - 16:20

Meer oor:  Korona  |  Onderwys  |  Onderrig
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.