Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Onderwys
Meer as R100 mjd. gaan na gratis onderrig

Suid-Afrika gaan oor die volgende drie jaar meer as R82 miljard op gratis tersiêre onderrig vir arm en werkersklasstudente by universiteite bestee.

’n Bykomende R20,4 miljard gaan in dieselfde tydperk ook op gratis hoër onderrig en opleiding vir kwalifiserende studente aan TVET-kolleges bestee word.

Dr. Blade Nzimande, minister van hoër onderrig en opleiding, het dit Vrydagoggend bekend gemaak kort voordat hy sy departement se begrotingsrede vir die 2019-’20-boekjaar by die parlement gelewer het.

Nzimande het ook aangekondig dat die beurse wat vir die eerste keer in 2018 as deel van die regering se gratis beleid van hoër onderrig en opleiding aan nuwe kwalifiserende studente in hul eerstejaar toegeken is, sal vanjaar ook na tweedejaarstudente uitgebrei word.

Die skema sal na verwagting teen 2022 alle kwalifiserende studente van die eerste tot vyfde jaar van studie dek, het Nzimande gesê.

* Volg Netwerk24 vir meer hieroor.

Meer oor:  Blade Nzimande  |  Politiek  |  Gratis Onderrig  |  Onderwys
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.