Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Onderwys
Meeste in US-senaat stem vir aangepaste taalbeleid
Soos die raad, beskou die senaat die US se meertalige aanbod as ’n strategiese bate wat as ’n mededingende voordeel uitgebou behoort te word.

Die senaat van die Universiteit Stellenbosch (US) het Donderdag ’n gewysigde weergawe van die finale konseptaalbeleid met ’n groot meerderheid stemme aanvaar.

Ook die Institusionele Forum het vandeesweek die taalbeleid eenparig aanvaar en dit berus dus nou by die universiteitsraad of dié konsepbeleid aanvaar sal word

Die senaat het die taalhersieningswerkgroep verlede Vrydag die versoek om raakvlakke tussen die Suid-Afrikaanse Grondwet en die konseptaalbeleid duideliker in die dokument uiteen te sit, en om verdere aandag te gee aan taaltoepassing.

Die werkgroep het Maandag dié voorstelle bespreek en wysigings aangebring waarna ’n nuwe weergawe Donderdag op ’n spesiale vergadering van die senaat aanvaar is.

Die oorspronklike finale konseptaalbeleid sal nou saam met die senaat se voorgestelde wysigings vir oorweging by die raadsvergadering op 22 Junie voorgelê word.

Die senaat, wat bestaan uit meer as 300 lede wat onder andere insluit die rektor en sy bestuurspan, twee raadslede, vier lede van die studenteraad, en alle professors van die US, het die konsepbeleid met 113 stemme teenoor 10 aanvaar.

Prof. Wim de Villiers, rektor en ook voorsitter van die senaat, het na afloop van die vergadering sy tevredenheid met die besluit uitgespreek.

"Ons is van mening dat die finale konsep van die taalbeleid saam met die senaat se voorgestelde wysigings voldoen aan die vertrekpunte in die universiteitsraad se mosie van 30 November 2015, wat die raad onlangs weer herbevestig het: dat 'taal nooit enige hindernis mag wees vir enige student wat voorgraads of nagraads aan die US wil studeer, en nie óf Afrikaans óf Engels magtig is nie'," het hy gesê.

"Soos die raad, beskou die senaat die US se meertalige aanbod as ’n strategiese bate wat as ’n mededingende voordeel uitgebou behoort te word."

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.