Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Onderwys
Meeste matrieks kry uitslae op 3 Januarie

Die matriekklas van 2018 se slaagsyfer sal op 3 Januarie 2019 bekendgemaak word.

Dié slaagsyfer sal tydens ’n geleentheid in Johannesburg deur Angie Motshekga, minister van basiese onderwys, bekendgemaak word.

Die dag daarna, op 4 Januarie, sal leerlinge hul uitslae by skole kan afhaal.

Die uitslae sal vroegoggend op 4 Januarie reeds op Netwerk24 beskikbaar wees. Dit sal ook in Beeld en Volksblad gepubliseer word.

matriekeksamen 2018

In die Wes-Kaap sal leerlinge egter ’n tikkie langer moet wag vir hul uitslae. Leerlinge in dié provinsie sal vanaf 11:00 op 4 Januarie hul uitslae by skole kan afhaal.

Netwerk24 maak die Wes-Kaapse uitslae om 11:00 op 4 Januarie bekend en Die Burger publiseer die uitslae op 5 Januarie.

Elijah Mhlanga, woordvoerder van die departement van basiese onderwys, het Donderdag leerlinge aangemoedig om hul uitslae persoonlik by skole af te haal.

Die laaste matriekvraestelle word op 28 November geskryf.

Die merk van vraestelle begin op 1 Desember en sal teen 15 Desember afgehandel wees.

* Intussen is onderwysers se Desembervakansie is vanjaar verkort om meer tyd te maak vir diegene wat matriekvraestelle moet merk, het Mhlanga vroeër aan Netwerk24 gesê.

Hy verduidelik die skooljaar sal volgende jaar vroeër begin sodat die skole in 2019 vroeër gesluit kan word.

“Ons wil onderwysers wat matriekvraestelle merk meer tyd gee om op die merkwerk te fokus. Deur die skole vroeër in Desember te sluit, sal die onderwysers in daardie tyd net merkwerk doen,” verduidelik Mhlanga.

Hy sê dat slegs die komende Desembervakansie korter as gewoonlik sal wees omdat “opgemaak moet word” vir die tyd wat aan die einde van 2019 verloor gaan word.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.