Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Onderwys
Minder skermtyd, meer sukses

’n Studie wat by die Universiteit Stellenbosch (US) gedoen is, toon dat mense suksesvoller in hul werk en studie sal wees as hulle meer aandag gee aan hoe hulle hul selfone gebruik.

Studente is as navorsingsgroep gebruik omdat hulle geïdentifiseer is as ’n groep wat gereeld hul selfone gebruik terwyl hulle verskillende apps oop het én televisie kyk. Die studente se gebruik van media om verskillende take gelyktydig te verrig is met ’n program, wat op hul toestelle gelaai is, gemonitor.

Foto ter illustrasie.

Die program het die studente gehelp en aangemoedig om hul toestelle soos selfone en skootrekenaars hoogstens 90 minute per dag te gebruik.

“Die intervensie het ’n gedragsverandering tot gevolg gehad,” lui ’n verklaring van die US.

“Die studente het hulself geleer om net aan een ding op ’n slag aandag te gee en hulle het geoefen om spesifieke tye opsy te sit vir die gebruik van ’n selfoon. Hulle het ook ’n tydperk opsygesit om boodskappe te beantwoord, in plaas daarvan om elkeen individueel te beantwoord. Die studente het hul selfone buite hul sigveld en bereik gebêre tydens lesings of wanneer hulle werk.”

Die studie is deur dr. Douglas Parry, ’n dosent verbonde aan die departement van inligtingswetenskap en lid van die US se groep vir kognisie- en tegnologienavorsing, gedoen.

Dit was deel van sy onlangse doktorsgraad in sosio-informatika aan die US.

“Sukses in die werkplek, op universiteit en in verskillende kringe berus op ons vermoë om irrelevante afleidings te ignoreer en om sosiale media te weerstaan,” sê Parry.

“Omdat mediamultitaakverrigting ons vermoë om te konsentreer en take af te handel kan belemmer, moet ons maniere kry om ons gebruik van die verskillende digitale tegnologieë self te reguleer.”

Parry sê die studente was positief oor die veranderinge wat die studie teweeg gebring het en was baie verras en geskok oor hoe dikwels hulle hul toestelle gebruik en hulself onderbreek.

Meer oor:  Stellenbosch  |  Navorsing  |  Studente  |  Media  |  Selfone
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.