Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Onderwys
Minister Pandor? Noem haar nou dr. Pandor

Sedert 1994 het die demokraties verkose Suid-Afrikaanse regering talle inisiatiewe van stapel gestuur om apartheid se nalatenskap op hoër onderwys om te keer.

Ten spyte van die probeerslae, is daar voortdurende en konstante argumente wat wys dat die bedoeling om transformasie in die hoëronderwyssektor teweeg te bring, nie gerealiseer het nie.

Naledi Pandor, minister van hoër onderwys en opleiding, het Dinsdag haar doktorsgraad in onderwys aan die Universiteit van Pretoria verwerf. Foto: Deaan Vivier

Dit is die bevindings van dr. Naledi Pandor, minister van hoër onderwys en opleiding, se tesis, “Die betwiste betekenis van transformasie in hoër onderwys in postapartheid-Suid-Afrika” (“The contested mean-ing of transformation in higher education in post-apartheid South Africa”).

Pandor het Dinsdagmiddag haar doktorsgraad in onderwys aan die Universiteit van Pretoria (UP) verwerf.

Vir die tesis het Pandor navorsing gedoen oor Suid-Afrika se deurlopende kommer oor transformasie en die verskeie bedoelings wat die konsep inhou met betrekking tot hoër onderwys in die land.

Pandor – wat ook meestersgrade in onderwysbeleid en linguistieke studies het – sê sy het besluit om haar doktorsgraad in onderwys te voltooi omdat sy nog altyd ’n dieper begrip van die vakgebied wou hê.

“Ek is ’n opgeleide onderwyser en die onderwys het my nog altyd bekoor,” sê sy in ’n verklaring, wat die UP uitgereik het.

“Met my studie het ek tot die besef gekom dat daar ’n oneindige bron van inligting oor die onderwys is en dat ons dit meer moet gebruik.”

Om ’n minister en ’n doktorsgraadstudent te wees, was uitdagend, erken sy. Sy moes haar werk -en studieskedules sorgvuldig beplan.

“Elke oomblik wat ek nie gewerk het nie, het ek aan my studie gewy.”

Sy sê dit was ’n uitdaging om ’n balans tussen haar persoonlike lewe, werk en studies te vind, en dat sommige areas wel soms ’n bietjie afgeskeep is.

Dit was ook senutergend om terug universiteit toe te gaan, veral omdat sy een van die ouer studente was.

“Daar was al dié jong, slim studente wat soveel selfvertroue gehad het. Ek het soms gevoel ek kan nie byhou met hul vlakke van selfvertroue nie. Maar toe ek eers begin het met my navorsing, het die gogga behoorlik gebyt. Ek wou nie ophou nie.”

Dr. Pandor se studie het ’n boeiende stel empiriese data opgelewer wat omvattende insig gee in die uitdagende hoëronderwyssektor postapartheid.

Prof. Fazal Rizvi, ’n professor in globale studies in onderwys aan die Universiteit van Melbourne, was een van die eksaminatore van Pandor se tesis.

“Dr. Pandor se studie het ’n boeiende stel empiriese data opgelewer wat omvattende insig gee in die uitdagende hoëronderwyssektor postapartheid.

“Talle van die kernkwessies in die sektor bly onopgelos. Dr. Pandor het ’n oorspronklike bydrae tot die vakgebied van hoër onderwys gelewer en haar werk het die potensiaal om Suid-Afrika se navorsers, beleidmakers en administratiewe besluitnemers te ondersteun, maar ook elders ter wêreld,” was sy kommentaar op Pandor se tesis.

Prof. Chika Sehoole, dekaan van die onderwysfakulteit van die UP, was Pandor se studie­leier.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.