Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Onderwys
Motorbestuur word dalk ’n skoolvak

Suid-Afrikaanse skole kan binnekort motorbestuur as vak vir leerlinge in graad 11 en 12 aanbied.

Dit is een van die hersieningskomitee van die verkeerswetstoepassing se aanbevelings aan Fikile Mbalula, minister van vervoer.

Dipuo Peters, destydse minister van vervoer, het die komitee destyds in 2016 saamgeroep. Die doelwit was om verkeerswetstoepassing omvattend te hersien en ’n plan vir padveiligheid te ontwikkel.

Die uitskieter-voorstel is om graad 11 en graad 12 leerlinge in motorbestuur touwys te maak.

Ayanda Allie-Paine, woordvoerder van die departement van vervoer, sê die opleiding sal teoreties wees. “Dit sal leerlinge vir hul leerlingrybewyse voorberei,” sê sy.

Die Automobiel Assosiasie (AA) het in ’n mediaverklaring gesê hy steun die komitee se aanbevelings. “Ons is gretig dat dit so gou as moontlik in werking gestel word. Enige versuim sal tot meer sterftes op ons paaie lei,” aldus die AA.

Minstens een bestuurskooleienaar meen dit sal nie sake in die wiele ry as leerlinge reeds op skool opleiding ontvang nie.

“Daar is reeds skole wat soortgelyke vakke aanbied. Ons vind egter dat hierdie opleiding nie op standaard is nie,” sê Lucy Miranda, eienaar van Mirandas-bestuurskool in Krugersdorp.

“Dit is hoekom die bestuurskoolbedryf ten spyte van die regering se planne altyd sal oorleef.”

Ander aanbevelings van die komitee sluit in ’n onafhanklike beroepsliggaam vir verkeerswetstoepassing, ’n enkele verkeerspolisiediens vir die land en die herontwerp en opdatering van die K53-toets. Swaarder strawwe vir verkeersoortreders en ’n trapsgewyse rybewysstelsel waarin nuwe bestuurders ’n 24-maande proeftydperk aflê, word ook voorgestel.

Volgens Allie-Paine sal die minister vroeg volgende jaar besluit watter aanbevelings aanvaar word.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.