Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Onderwys
Gesonde afstand tussen leerlinge dalk aangepas

’n Dag nadat primêre skole gevra is om weer volledige klasse te akkommodeer, het probleme ontstaan met die nakoming van die reël vir ’n gesonde afstand van ’n meter tussen leerlinge.

Angie Motshekga, minister van basiese onderwys.Foto: Laird Forbes/Gallo Images

Angie Motshekga, minister van basiese onderwys, sê sy sal die kwessie met die nasionale koronavirus-bevelsraad bespreek.

“Ons ondervind probleme met ’n gesonde afstand. Die kabinet het ons ’n meter toegelaat, maar in sommige gevalle is ’n meter nie goed genoeg nie,” het Motshekga Dinsdag aan die portefeuljekomitee oor basiese onderwys gesê.

“Ons het goeie raad van die nasionale advieskomitee, wat sê dat ons die afstand veilig kan verminder, en dit is wat ek aan die bevelsraad gaan voorlê.”

Motshekga het die vergadering vroeg verlaat om by ’n vergadering van die bevelsraad aan te sluit.

Die departement van basiese onderwys stel verskeie nie-farmaseutiese maatreëls in, wat insluit gesonde afstande, die gereelde was van hande of ontsmetting, die dra van maskers, die skoonmaak en ontsmet van oppervlaktes wat gereeld gebruik word, doeltreffende sifting om te keer dat enigiemand met Covid-19-simptome die skoolterrein betree en die beperking van besoekers aan skole.

Dié maatreëls is veronderstel om saam te werk, aangesien geeneen van hulle op sy eie sal werk nie.

’n Leerling word ondersoek by die Monde Primary School tydens die besoek van Angie Motshekga Dinsdag in Ekurhuleni. Foto: Laird Forbes/Gallo Images

“Die sektor streef daarna om alle nie-farmaseutiese maatreëls streng toe te pas om die oordrag van die virus in skole te beheer,” lui die departement se voorlegging aan die komitee.

Waar finansies dit toelaat, het die departement ook mobiele klaskamers verskaf as ’n tussentydse maatreël om sosiale distansiëring te verseker.

Die mobiele klaskamers word egter nie as ’n langtermynoplossing beskou nie.

Die meeste van die mobiele klaskamers word in KwaZulu-Natal gebruik, nadat skole tydens die onluste in Julie beskadig is.

Meer oor:  Angie Motshekga  |  Covid-19  |  Koronavirus  |  Gesonde Afstand  |  Pandemie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.