Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Onderwys
Mpianzi se familie besluit oor verslag

Enock Mpianzi se familie kan besluit of die verslag oor die ondersoek na sy dood in die openbaar uitgereik kan word.

Enock Mpianzi (13) van die Parktown Boys’ High School in Johannesburg is een van die 13 leerlinge in Gauteng wat sedert die begin van die skooljaar dood is.

Die Gautengse departement van onderwys sou die verslag Donderdagmiddag bekend gemaak het, maar dit is gekanselleer.

Ian Levitt, regsverteenwoordiger van die Mpianzi-familie, het Vrydag gesê die familie sal eers met die departement en sy prokureurs oor die verslag praat om insette te lewer. Wanneer die volledige verslag beskikbaar is, sal die familie besluit of dit openbaar gemaak kan word.

“Die LUR (Panyaza Lesufi) het my kliënte gevra om daaroor te besluit.”

Volgens Lesufi is die bekendmaking van die verslag gekanselleer nadat hy met Mpianzi se familie gekonsulteer het.

“Ons meen dit sou onsensitief wees om die verslag sonder die Mpianzi-familie se goedkeuring aan die publiek bekend te maak. Ons het ooreengekom om weer op 27 Februarie te vergader,” sê Lesufi

Mpianzi, ’n leerling aan die Parktown Boys’ High School in Johannesburg, het op 15 Januarie op ’n skoolkamp in die Krokodilrivier in die Nyati Bush and Riverbreak Lodge buite Brits verdrink.

Sowel die departement as die skool is wyd gekritiseer ná die voorval en ’n voorlopige verslag ná Mpianzi se dood het daarop gedui dat die skool nie die nodige goedkeuring van die departement van onderwys gehad het nie.

- News24

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.