Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Onderwys
MRK soek meer inligting oor skole se heropening

Die Menseregtekommissie (MRK) het bykomende inligting van die departement van basiese onderwys aangevra oor sy besluit om skole geleidelik te heropen.

Dít kom nadat Angie Motshekga, minister van basiese onderwys, vroeër die week aangekondig het dat matriekleerlinge en gr. 7’s op 1 Junie sal terugkeer skool toe. Ander grade sal in fases terugkeer.

Luidens ’n verklaring van die MRK wat Donderdag uitgereik is, neem hy kennis van kommer wat oor die geleidelike heropening geopper is.

“Die kommissie sal onderneem om in elke provinsie monitering te doen om skole se vlak van gereedheid te bepaal om leerlinge te ontvang, insluitend leerlinge met gestremdhede,” lui die verklaring.

As deel van sy monitering sal die MRK inligting wil bekom oor kwessies soos die veiligheid van leerlinge en onderwysers, toegang tot basiese dienste in skole en toegang tot die hersiene kurrikulum.

Die MRK gee toe hy kan nie al die sowat 25 000 skole in Suid-Afrika monitor nie. Hy sal egter steekproewe in elke provinsie doen en sy bevindinge met die departement bespreek. Sy bevindinge sal ook bekend gemaak word.

Meer oor:  Koronavirus  |  Menseregtekommissie  |  Skole
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.