Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Onderwys
MRK vra inligting oor skole wat nie gereed is

Die Menseregtekommissie (MRK) het provinsiale LUR’e vir onderwys tot Vrydag gegee om vrae te beantwoord oor die skole in hul onderskeie provinsies se gereedheid om te heropen.

Die MRK het die LUR’e versoek om dringend duidelikheid te gee oor al die skole in hul provinsie se status. Waar skole nog nie gereed is om te heropen nie en ook nie volgende week gereed gaan wees nie, vra die MRK vir besonderhede oor die regulasies en maatreëls waaraan die skole nog nie voldoen nie. Die MRK wil ook ’n gedetailleerde plan en ’n aanduiding hê van wanneer die skole wel gereed sal wees.

Skole sou aanvanklik die afgelope Maandag vir gr. 12- en gr. 7-leerlinge heropen, maar die departement van basiese onderwys het Sondagaand aangekondig dat skole nou eers op 8 Junie sal heropen. Dié aankondiging is egter nie Maandag in die gewysigde regulasies in die Staatskoerant vervat nie en die datum vir die heropening van skole vir gr. 12- en gr. 7-leerlinge is onveranderd op 1 Junie gelaat.

Dit beteken skole kan afwyk van die voorgeskrewe datums, mits die skool voldoen aan die Covid-19-regulasies en ’n aansoek om te heropen deur die hoof van die provinsiale onderwysdepartement goedgekeur is.

Tot ’n groot mate kan die wysiging, indien afgedwing, die hele kwessie oplos.

Die wysiging aan die regulasies lui ook dat die provinsiale onderwysdepartement reëlings moet tref met skole wat nie gereed is om te heropen nie om te verseker dat onderrig voortgaan sodat die leerlinge nie benadeel word nie.

Die MRK reken dié wysiging is voldoende omdat dit die verantwoordelikheid op die provinsiale onderwysdepartemente plaas om seker te maak leerlinge kan voortgaan met skool.

“Tot ’n groot mate kan die wysiging, indien afgedwing, die hele kwessie oplos. Dit sou beteken as daar ’n skool is wat nie watertenks en sanitasie ontvang het nie, sal die departement eenvoudig ’n ander perseel moet kry,” het adv. André Gaum, kommissaris van die MRK, vroeër aan Netwerk24 gesê.

Die MRK het daarom ook versoek dat die LUR’e inligting verskaf oor die alternatiewe maatreëls wat ingestel word vir onderrig om voort te gaan by skole wat nie gereed is nie.

Die LUR’e is ook gevra om besonderhede te gee oor wat hul departemente gaan doen om die “digitale gaping” te oorkom, omdat alle leerlinge nie noodwendig die hulpbronne het om met afstandsonderrig voort te gaan totdat hulle kan terugkeer skool toe nie.

Die MRK sê hy is bekommerd daaroor dat die Covid-19-pandemie en staat van inperking die bestaande ongelykhede in die onderwysstelsel sal verdiep, en hy rig sy versoek om te verseker leerlinge, onderwysers en ander personeel se regte word beskerm.

Meer oor:  Menseregtekommissie  |  Skole
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.