Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Onderwys
MRK vra skole moet eerder toe bly
Angie Motshekga
Angie Motshekga

Die Menseregtekommissie (MRK) sal verkies dat skole nie Maandag open nie en het glo gevra dat die skole gesluit moet bly.

Die MRK het Donderdag in ’n verklaring gesê hy het in ’n brief aan Angie Motshekga, minister van basiese onderwys gevra dat skole liefs vir eers gesluit moet by.

Die departement sê egter hy moedig skole wat gereed is om oop te maak, steeds aan om Maandag hul akademiese aktiwiteite te hervat.

Die kommissie sê teen Donderdag het sowat 3 500 skole steeds ’n gebrek aan water gehad.

Ná vergadering met unies, onderwysers en ander rolspelers, sê die MRK hy is “besorg” dat skole nie in die volgende drie dae gereed gemaak kan word nie.

Die kommissie sê teen Donderdag het sowat 3 500 skole steeds ’n gebrek aan water gehad.

“Hoewel die kommissie die spoedige heropening van skole om aan leerlinge hul reg tot onderwys te gee ondersteun, glo hy dit moet in samewerking met redelike en voldoende maatreëls gedoen word, om ook leerlinge en opvoeders se reg tot gesondheid te beskerm.

Dit is belangrik dat die nodige minimum standaarde waaraan voldoen moet word vir die heropening van skole, soos toegang tot voldoende skoon water en sanitasie, die beskikbaarheid van persoonlike beskermende toerusting, opleiding en algemene sanitasie van skole en planne vir sosiale afstand, in plek moet wees,” luidens die verklaring.

Die kommissie sê egter terugvoer van sy provinsiale kantore dui daarop dat die maatreëls nog nie in plek is nie.

“Dit beklemtoon ’n tekort of algehele gebrek aan water en sanitasie en persoonlike beskermende toerusting,” lui die verklaring en gaan voort om te verduidelik dat die probleem veral in landelike gebiede lê.

Een so ’n voorbeeld is die Noord-Kaap waar skole vermoedelik eers op 8 Junie sal kan heropen omdat alle maatreëls nog nie in plek is nie.

Elijah Mhlanga, die departement se woordvoerder, het Donderdagaand aan Netwerk24 gesê die provinsie is op verskillende vlakke van gereedheid.

“Op een plek kry jy skole wat nie gereed is nie asook skole wat wel is. Dit is onrealisties om te verwag dat 25 000 skole op dieselfde vlak van gereedheid sal wees in die ongekende Covid-19-omstandighede,” sê Mhlangu.

Hy sê verder die werk by skole moet voortgesit word om personeel, onderwysers en leerlinge te beskerm.

“Die minister het al keer op keer herhaal dat ’n skool wat nie gereed is nie, eerder gesluit moet bly tot dit vir hulle veilig is om oop te maak.”

Meer oor:  Mrk  |  Koronavirus  |  Vlak 3  |  Heropen  |  Skole  |  Onderwysdepartement
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.