Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Onderwys
’n Kans in Afrikaans! praat dalk privaat met US-rektor

Die veldtog ’n Kans in Afrikaans!, wat die Universiteit Stellenbosch (US) se rektor en raadsvoorsitter tot ’n TV-debat uitgedaag het, sê dié gesprek gaan heel moontlik eerder privaat plaasvind.

Prof. Wim de Villiers

Die veldtog, wat verlede week in die lewe geroep is, wil hê prof. Wim de Villiers, rektor en visekanselier, en George Steyn, voorsitter van die US-raad “moet verduidelik waarom Engels nie nou die taal van uitsluiting by die US geword het nie”.

Die sameroeper, Danie van Wyk, sê hulle het nog nie amptelike terugvoer van die US oor hul versoek gekry nie, maar dat hulle wel die moontlikheid bespreek dat dié debat privaat plaasvind.

“Ons was in kontak met die US en hulle het gevra of ons nie ’n private gesprek wil voer eerder as om in die media met mekaar te praat nie. Ons vergader Maandag om die weg vorentoe te bepaal,” sê hy.

’n Kans in Afrikaans! wou aanvanklik hê dat die TV-debat voor die raadsvergadering op 22 Junie plaasvind, wanneer die raad oor die nuwe taalbeleid sal stem.

“Ons is oortuig daarvan dat daar ten minste een Afrikaanse universiteit in Suid-Afrika moet wees en gegewe die US se ligging is dit die aangewese plek,” sê Van Wyk.

“In die Wes-Kaap is daar 564 Afrikaanse skole waarvan ’n groot persentasie bruin, funksionele skole is. Waar moet daardie leerlinge heen gaan om in hul moedertaal onderrig te word?

“Die gesprek wat ons met die universiteit wil hê moet ook ’n bespreking van praktiese voorstelle wees oor hoe ons dit makliker gaan maak vir dié leerlinge om toegang tot Afrikaanse onderrig te kry.

“Dit hoef nie noodwendig so te wees dat hulle in lesinglokale sit nie. Ons praat van satellietkampusse op die platteland en telematiese onderrig. Daar is baie moontlikhede.”

Burgerlike organisasies wat hulle by ’n Kans vir Afrikaans! skaar, sluit in Arbeidsgenot, die Suid-Afrikaanse Onderwysontwikkelingstrust, Gelyke Kanse, AfriForum en PEN Afrikaans.

Meer oor:  Wim De Villiers
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.