Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Onderwys
Neem kennis! Geen ‘musturbation’ in storte by KSUT
Die kennisgewing wat die rondte doen.Foto: Twitter

Die Kaapse Skiereiland Universiteit vir Tegnologie (KSUT) sê die kennisgewing oor masturbasie, wat glo deur dié universiteit uitgereik is, is bog.

Die kennisgewing, waarin die woord “masturbasie” verkeerd gespel is, is op sosiale media versprei en lui: Kennisgewing oor masturbasie: “Masturbasie in die storte is ’n oortreding by die Kaapse Skiereiland Universiteit vir Tegnologie.

“Die dreine in die storte is nie vir semen ontwerp nie. Die buitensporige hoeveelheid semen in die afvoerwater kos duisende rande aan instandhouding en gaan weerspieël word in die stygende pryse van koshuisverblyf volgende jaar. Dit is jou geld. Masturbeer in jou eie kamer, asseblief.”

Die kennisgewing doen die ronde nadat ’n man verlede week oënskynlik in die Universiteit Stellenbosch (US) se biblioteek by ’n tafel gesit en masturbeer het. Die man het egter die beweringe ontken en ’n mediese verduideliking daarvoor gegee. ’n Video van die voorval is op sosiale media gedeel.

KSUT het Vrydag gesê dat die kennisgewing elke dan en wan op sosiale media opduik. Lauren Kansley, woordvoerder, sê dit is fopnuus en boonop ’n ou storie.

Twitter-gebruikers het ook die egtheid van die dokument bevraagteken.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.