Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Onderwys
‘Net 1 uit 3 gr.1’s sal eendag matriek slaag’

Statistieke dui daarop dat slegs een uit elke drie gr. 1-leerling wat Woensdag hul skoolloopbaan begin het, uiteindelik tot matriek sal vorder.

Só sê Nomsa Marchesi, DA-LP, Woensdag in ’n verklaring op die eerste dag van die nuwe skooljaar.

Nomsa Marchesi, die DA se woordvoerder oor basiese onderwys. Foto: Argief

“Wanneer ons kyk na die aantal leerlinge wat in 2008 begin skoolgaan het en diegene wat in 2019 in matriek was, vind ons dat slegs 37,6% van hulle geslaag het.

“Dit beteken statisties dat twee uit drie leerlinge dit dus nie tot matriek sal maak nie.”

Sy sê die DA bly aan die voorpunt daarvan om die baie kwessies die hoof te bied wat dié statistieke uitwys en dat dit namens elke leerling gedoen word omdat hulle toegang tot gehalte-onderwys verdien.

Volgens haar is dit skandalig dat die probleme in die onderwysstelsel nie in die afgelope 26 jaar onder die ANC-regering se bewind opgelos is nie.

Ons landsburgers verdien nie hierdie ondoeltreffendheid nie, en die mense wat daarvoor verantwoordelik is, sit in die parlement met geen agting vir diegene wat hieronder ly nie.

Sy meen dat onderwysers en leerlinge gebuk gaan onder ’n gebrek aan infrastruktuur, begrotingstekorte, hulpbronne, geweld in skole en baie ander vernietigende omstandighede wat toegang tot onderwys verhinder.

“Ons landsburgers verdien nie hierdie ondoeltreffendheid nie, en die mense wat daarvoor verantwoordelik is, sit in die parlement met geen agting vir diegene wat hieronder ly nie.”

Intussen het die ANC in Gauteng die matrieks van 2020 aangemoedig om die nuwe skooljaar met ywer aan te pak. Terwyl duisende leerlinge vir die eerste keer skool toe is, sal ander vanjaar hul matriekeksamen aflê. Gauteng het “goed gevaar” in die 2019-matriekeksamen en tweede uit die nege provinsies geëindig.

Bones Modise, ANC-woordvoerder in Gauteng, het gesê goeie resultate vereis dat leerlinge én onderwysers vasberade moet wees om uit die staanspoor goed te vaar. Dit beteken hulle moet geen tyd verspil om met die inhoud van hul vakke vertroud te raak nie. Hy het ook die ondersteunende rol van gesinne, plaaslike gemeenskappe en nie-regeringsorganisasies in die onderwyssektor aan die leerlinge beklemtoon.

Marcelle Maritz, VF-Plus-leier in Limpopo, het Woensdag skole in dié provinsie besoek. Sy het gesê die nuwe skooljaar is ’n nuwe geleentheid vir die onderwysdepartement om sy prioriteite in orde te kry en te konsentreer op die nege skole in die provinsie wat ’n 0%-matriekslaagsyfer behaal het.

“Dit is tyd dat die departement dringende oplossings vir dié skole vind.” Die party is egter trots op die hoë standaard van skole in Potgietersrus.

Meer oor:  Nomsa Marchesi  |  Eerste Skooldag  |  Verklaring  |  Statistieke  |  Matriek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.