Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Onderwys
Nie alle laerskole reg vir Covid ná vakansie

Slegs 328 laerskole in die Wes-Kaap is gereed om al hul leerlinge vanaf 26 Julie ingevolge Covid-19-regulasies te akkommodeer.

Dit is luidens ’n opname van die provinsiale onderwysdepartement wat onderneem is nadat daar op 28 Mei aangekondig is dat alle laerskoolleerlinge op 26 Julie na die normale daaglikse skoolbywoning terugkeer.

Dié besluit raak ongeveer 1 100 skole in die Wes-Kaap.

Die inligting is bekend gemaak nadat die provinsiale staande komitee vir onderwys vandeesweek oor laerskole se gereedheid vergader het.

Lorraine Botha, die DA in die Wes-Kaap se woordvoerder oor onderwys, sê die meeste skole het aangedui dat hulle weens die handhawing van afstand ’n probleem met plek gaan hê.

Bronagh Hammond, woordvoerder van die departement, sê hulle het al na die nasionale departement van onderwys uitgereik oor die probleem van afstand tussen leerlinge en wag nog op ’n antwoord.

Hammond sê ook dat hoewel dit nog nooit voorheen gevolg is nie, gaan laerskole ’n gedifferensieerde strategie toepas. Dit beteken skoolbywoning gaan bepaal word deur die stand van die Covid-19-pandemie in die skool se distriksmunisipaliteit sowel as die res van die land.

“Die departement sal met skole in gesprek tree indien sekere distrikte tot brandpunte verklaar word. Dit sal in oorleg met die nasionale regering en die provinsiale departement van gesondheid gedoen word,” sê Hammond.

Sy moedig egter laerskole aan om in die tussentyd voor te berei om al hul leerlinge terug te verwelkom.

“Studies toon dat Covid-19 beduidende leerverliese en psigososiale risiko’s by kinders tot gevolg gehad het. Ons jonger leerlinge benodig voortdurende daaglikse stimulasie en leiding. Dit kan nie altyd deur afstandsonderrig volgehou word nie, ondanks die vele pogings om dit wel te doen,” sê Hammond.

Wat inentings vir onderwysers betref, sê Hammond hoewel hulle ingelig is dat die regering die Johnson & Johnson-entstof vir onderwysers en ander skoolpersoneellede ouer as 40 gaan gebruik, is dié besluit nog nie goedgekeur nie.

“In die tussentyd is ons gereed, sou dit wel gebeur,” sê Hammond.

Botha doen ’n beroep op die regering om duidelikheid te verskaf oor die inenting van onderwyspersoneel, asook om die beskikbaarheid van entstowwe aan skole te bespoedig, sodat kudde-immuniteit in gemeenskappe opgebou kan word.

Hammond sê die onderwyssektor het die afgelope 15 maande groot leerverliese gely en “dit sal nog jare gevoel word”.

“Die stap vir 100% bywoning is belangrik sodat die onderwyssektor kan herstel.”

Meer oor:  Bronagh Hammond  |  Wes-Kaap  |  Pandemie  |  Covid-19  |  Laerskole  |  Koronavirus
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.