Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Onderwys
Nkosazana word Universiteit van Limpopo se kanselier

Dr. Nkosazana Dlamini-Zuma (70) is aangewys as die nuwe kanselier van die Universiteit van Limpopo, het die universiteit Vrydag bekend gemaak.

Johannes Selepe, woordvoerder van die universiteit, sê haar termyn as kanselier is tot 2024.

“Sy het ’n onberispelike openbare beeld met goed gevestigde strategiese netwerke, nie net in Suid-Afrika nie, maar ook internasionaal,” het Selepe gesê.

Die aanstelling kom te midde van bespiegelings vandeesweek dat pres. Cyril Ramaphosa haar ná sy inhuldiging Saterdag as sy adjunkpresident kan aanstel.

Sy het tot nou toe as die minister in die presidensie gedien en is vandeesweek as ’n lid van die parlement in Kaapstad ingesweer.

Sy is ’n oudminister van internasionale betrekkinge en was ook die voorsitter van die Afrika-Unie.

Dlamini-Zuma, wat jare gelede van oudpres. Jacob Zuma geskei is, is ’n gekwalifiseerde mediese dokter. Sy het haar MBChB aan die Universiteit van Bristol in Engeland verwerf.

Sy het onder meer as ’n dokter in die Mbabane-staatshospitaal in Eswatini gewerk. Sy was die stigter en direkteur van die Health Refugee Trust asook ’n navorser aan die Suid-Afrikaanse Mediese Navorsingsraad en ná 1994 was sy die land se eerste minister van gesondheid.

Sy het ’n ere-doktorsgraad van die Sefako Makgatho-Universiteit vir Gesondheidsdienste, voorheen Medunsa, ontvang. Sy is ook ’n buitengewone professor van die Belarus-staatsuniversiteit.

Selepe het gesê almal by die Universiteit van Limpopo is verheug oor Dlamini-Zuma se aanstelling. Die universiteit se hoofkampus is in Turfloop in Mankweng, sowat 30 km van Pretoria af.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.