Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Onderwys
Nobel-pryswenner spreker by US
Prof. Abhijit Banerjee, medewenner van die Nobelprys in Ekonomiese Wetenskap in 2019.

Die Universiteit Stellenbosch (US) se departement ekonomie vier vanjaar sy eeufeesjaar met ’n webinaar waarvan die Nobelpryswenner prof. Abhijit Banerjee die hoofspreker is.

Banerjee het die Nobelprys vir ekonomiese wetenskap in 2019 saam met Esther Duflo en Michael Kremer gewen.

Hy beklee die Ford Stigting-pos as internasionale ekonomieprofessor aan die Massachusetts Institute of Technology (MIT) in Amerika en word as ’n gesaghebbende denkleier op die gebied van ontwikkelingsekonomie beskou.

Die onderwerp van sy toespraak is “Good Economics for Hard Times”. Dit is ook die titel van die boek wat hy in 2019 saam met Duflo geskryf het.

Die webinaar vind op 9 Oktober van 13:30 af plaas.

Bywoning is gratis, maar mense moet hulle vooraf by www.econcentenary.com/#events registreer.

Dit begin met ’n kort bespreking oor die departement se geskiedenis en toekoms. Daarna volg ’n paneelbespreking oor die stand van die ekonomie met die ekonoom en buitengewone prof. Nicola Theron as moderator.

Die paneellede sluit in Tito Mboweni, minister van finansies, Rachel Jafta, professor in ekonomie en voorsitter van Media24, Monique Nsanzabaganwa, adjunkpresident van Rwanda se Reserwebank en US-alumnus, Haroon Bhorat, hoogleraar in arbeidsekonomie aan die Universiteit van Kaapstad, en Sizwe Nxedlana, uitvoerende hoof van welvaart en beleggings by FNB en van Ashburton Investments.

Ná afloop van die paneelbespreking is daar ’n kort vraag-en-antwoord-sessie.

Besoek die departement se eeufees-webtuiste by www.econcentenary.com vir meer inligting oor die departement.

Meer oor:  Us  |  Abhijit Banerjee
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.