Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Onderwys
Nog 3 000 leerlinge in Gauteng ‘vermis’

Duisende leerlinge het hulle Maandag by hul skole in Gauteng vir die akademiese jaar aangemeld, maar die provinsie se departement van onderwys is bekommerd oor die sowat 3 000 leerlinge wat sedert Maart 2020 nog nie na hul skole teruggekeer het nie.

Volgens Panyaza Lesufi, LUR vir onderwys in Gauteng, het hierdie leerlinge nie eksamens geskryf nie, want hulle was nie op die skoolbanke nie. Van hierdie kinders is ook tuis gehou deur bekommerde ouers met vrese oor die Covid-19-pandemie.

Leeringe sal gesoek en gevind word

Lesufi het gesê dat sy departement ’n soektog na hierdie vermiste leerlinge sal onderneem om te verseker dat hulle weer begin skoolgaan.

“Ons kan nie toelaat dat kinders uitval weens Covid-19 nie. As ’n kind ophou skoolgaan, is daar twee vooruitsigte vir hulle; die tronk of maatskaplike toelae. Ons doen ’n beroep op die kinders wat nie verlede jaar teruggekom het nie om terug te kom en te kom leer. Die omgewing is veilig.”

Lesufi het Maandag ’n nuwe skool van nagenoeg R77 miljoen, die Abram Hlophe Primary School in Katlehong, onthul.

David Makhura, premier van Gauteng, Mzwandile Masina, burgemeester van Ekurhuleni, en Tasneem Motara, LUR vir infrastruktuurontwikkeling, het die openingseremonie bygewoon.

Vandalisme gekritiseer

Makhura het gesê dit is uiters teleurstellend as nuwe openbare skole gevandaliseer en besteel word.

“Ons kan nie toelaat dat misdadigers teer op die toekoms van ons kinders nie. Hierdie skool moet deur die gemeenskap bewaak word, omdat ons besluit het om ’n skool hier te vestig. Daar is ander gemeenskappe wat wag op ’n skool, so as hierdie een gevandaliseer word kan ons nie terugkom en dit herbou nie.”

Volgens Lesufi het 120 000 graad 1’s in Gauteng vir skool aangemeld en sal hulle binnekort die uitslae van die 104 000 matrieks uitreik.

Hy meen dis ’n aanduiding dat minder leerlinge besig is om in Gauteng tussen graad 1 en matriek uit te val, en het bygevoeg dat hy trots is op die 104 000 “dapper” matrieks wat hul eindeksamen onder moeilike omstandighede voltooi het. Volgens Lesufi sal die meeste van hierdie leerlinge slaag. – News24

Meer oor:  Panyaza Lesufi  |  Gauteng  |  Onderrig  |  Onderwys  |  Skole
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.