Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Onderwys
Nóg minder geld vir onderwys: ‘Niks minder as verwoestend’

Daar gaan bloot nie genoeg geld wees om gehalteonderrig in die Wes-Kaap te verskaf indien die nasionale regering voortgaan met sy plan om die onderwysbegroting vir die volgende drie boekjare te sny nie.

So waarsku Debbie Schäfer, Wes-Kaapse LUR vir onderwys, en sê die grootste uitdaging vir die onderwysdepartement in die provinsie is die aanhoudende onderfinansiering deur die nasionale regering.

Debbie Schäfer, Wes-Kaapse LUR vir onderwys. Foto: Deon Raath

Schäfer sê ’n derde van die begroting vir infrastruktuur vir die Wes-Kaap in die huidige boekjaar is verlore nadat die nasionale toedeling vir onderwysinfrastruktuur besnoei is en daar geen geld van die nasionale tesourie ontvang is vir uitgawes wat met Covid-19 verband hou nie.

Nou is daar boonop ’n opdrag van die nasionale tesourie dat die begroting vir die volgende drie jaar verder besnoei word, sê Schäfer. “Dit is niks minder as verwoestend nie.”

Sy sê die realiteit is dat daar nie genoeg geld sal wees om gehalteonderrig in die provinsie te verskaf nie.

Die kleiner begroting beteken:

* Daar kan nie genoeg skole gebou word vir die bykomende 18 000 leerlinge per jaar in die Wes-Kaap nie, dus gaan daar jaarliks al hoe meer probleme wees om leerlinge in skole te plaas;

* Dit raak al hoe moeiliker om skoolgeboue te opgradeer en te herstel, veral ook as ’n mens vandalisme in ag neem;

* Die probleem met vandalisme kan nie beperk word deur hoë veiligheidsheinings op te rig nie, wat tot verdere vernietiging sal lei;

* Daar sal nie vervoer vir elke leerling wat dit nodig het, verskaf kan word nie en klein kindertjies sal tot 5 km skool toe moet loop;

* Daar kan nie meer onderwysers aangestel word nie, dus sal die aantal leerlinge per klas al hoe meer word, wat uiteindelik gehalteonderrig in die wiele sal ry.

“Dit is finansieel onmoontlik om voort te gaan om aan elke leerling in die provinsie gehalteonderrig te verskaf indien daar nie geld is om daarvoor te betaal nie. Dit is net geldelik onmoontlik,” sê Schäfer.

Sy het ’n beroep gedoen op Cosatu om met enige kritiek wat oor onderwys in die provinsie gelewer word, in ag te neem wat die oorsaak van die probleme is.

“Indien organisasies werklik eerlik is om die uitdagings die hoof te bied, sal hulle saam met die Wes-Kaapse onderwysdepartement van die nasionale regering verwag om die onderrig van kinders te prioritiseer, eerder as wat daar net voortgegaan word om die staatskas te stroop,” sê Schäfer.

Meer oor:  Debbie Schäfer  |  Begroting  |  Onderwys
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.