Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Onderwys
Nóg ’n aanranding by ’n skool ondersoek

Die Oos-Kaapse departement van onderwys ondersoek nog ’n voorval vandeesweek waar leerlinge slaags geraak het nadat ’n video daarvan op sosiale media versprei is.

In dié video, wat sedert Woensdag versprei is, stry twee seuns aan die Selborne College in Oos-Londen oor ’n meisie waaraan die een leerling glo gevat het nadat sy gevra het dat hy dit nie moet doen nie.

’n Skermgreep uit ’n video waar ’n leerling aan die Selborne College in die Oos-Kaap ’n ander leerling slaan. Foto: Twitter (@ViweXO)

’n Leerling in ’n wit hemp slaan die ander leerling herhaaldelik en sê dat hy op sy knieë moet gaan om verskoning te vra.

Die leerling wat die ander een geklap het, is teen Donderdag voorlopig geskors.

“Jy het aan haar gevat en sy het jou gevra om op te hou, toe raak jy weer aan haar. Waarom het jy nie opgehou toe sy jou gesê het nie? Watter verskoning is dit dat jy te veel gedrink het, wat daarvan?” sê die leerling wat die ander een klap.

“Het jy nie uit jou foute geleer nie, moet ek jou weer klap of gaan jy op jou knieë gaan en jammer sê?”

Die leerling in die wit hemp slaan die ander een weer voordat hy op sy knieë gaan en dan weer wanneer hy hom beveel om sy skoene te soen.

Loyiso Pulumani, woordvoerder van die Oos-Kaapse departement van onderwys, het Vrydag gesê die departement is geskok “deur dié ongevraagde gedrag” en dat dit beslis nie goedgekeur word nie.

“Die video het eers Woensdag onder die aandag van die hoof en beheerraad gekom, terwyl die voorval Dinsdag gebeur het. Die beheerraad het Donderdag vergader en ’n ondersoek is van stapel gestuur.”

Volgens Pulumani is daar ’n intensiewe veldtog om sulke voorvalle in alle skole te hanteer en is ’n provinsiale beraad oor skoolveiligheid onlangs gehou waar ’n gedragskode vir leerlinge voorgestel is.

Intussen het die ma van ’n 14-jarige hoërskoolseun van Port Elizabeth ’n klag van aanranding by die polisie ingedien nadat hy glo in skooltyd aangeval en geboelie is, berig Lynn Williams.

Die seun het glo Dinsdag sy bewussyn verloor en sy neus is gebreek nadat hy deur ’n medeleerling (16) aangerand is. Hulle is in dieselfde rugbyspan.

Leerlinge het klas toe gestap toe die ouer seun die jonger leerling aangeval en na bewering begin wurg het.

’n Leerling aan die Selborne College in Oos-Londen klap ’n ander seun in die gesig in ’n video wat glo Dinsdag geneem is.Foto: Twitter (@ViweXO)
Meer oor:  Oos-Londen  |  Ondersoek  |  Skool  |  Aanranding  |  Misdaad
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.