Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Onderwys
Nog ’n skoolkind dood tydens messtekery

’n Leerling is Maandag in die Noord-Kaap dood ná ’n messtekery by ’n studiedag by ’n hoërskool in Richmond.

Dit volg op etlike voorvalle van geweld in skole oor die land heen, waarvan drie oor die afgelope twee maande in die Noord-Kaap was. Dié voorvalle was in Upington, Kuruman en De Aar.

Geoffrey van der Merwe, woordvoerder van die departement van onderwys, sê hulle betreur die jongste voorval.

Skolegeweld in die Noord-Kaap neem toe.Foto: Verskaf

“Dit was nie op ’n amptelike skooldag nie. Die skool het gereël dat leerlinge skool toe kom om agterstallige werk in te haal. Bykomende klasse is aangebied.

“Dit was tydens dié verrigtinge dat twee gr. 8-leerlinge (albei 15) van die skool wat die geleentheid bygewoon het, mekaar met messe aangeval het. Een van die leerlinge is noodlottig beseer.

“Maatskaplike werkers is na die skool ontbied om berading te gee.

“Hoewel die voorval nie verband hou met amptelike skoolbedrywighede nie, is ons bekommerd oor die toename in geweld onder leerlinge.

“Dit is ’n duidelike bewys van die soort bedrywighede waarmee leerlinge en kinders hulself buite skoolverband besig hou.”

Hy sê ’n dissiplinêre proses volg binnekort.

“Ons doen ’n beroep op ouers om kinders oor selfrespek te leer en hoe om dit te alle tye toe te pas.

“Ons ouerhuise is immers die plek waar ’n kind se opvoeding begin.”

Die polisie het nie op navrae gereageer nie.

Meer oor:  Noord-Kaap  |  Richmond  |  Sterfgeval  |  Leerling
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.