Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Onderwys
NRF-studiebeurse: 80% sal na swart studente gaan

Die departement van wetenskap en tegnologie (DST) sal seker maak dat 80% van nagraadse studente wat die Nasionale Navorsingstigting (NRF) se studiebeurse ontvang, swart is. 55% moet ook vroue wees en 4% gestremde mense.

So het Naledi Pandor, minister van wetenskap en tegnologie, gister op ’n mediakonferensie in die parlement gesê oor haar departement se begrotingspos.

Naledi Pandor

Pandor sê die riglyne sal gemoniteer word.

’n Ander topprioriteit van haar departement is om MeerKat- en die SKA (Square Kilometre Array) -projek te voltooi, sê Pandor.

R693 miljoen sal hiervoor gebruik word. Haar departement se totale begroting vir die geldjaar is R7,5 miljard.

Hiervan word R4,3 miljard bestem vir navorsingsontwikkeling en -ondersteuning.

“In 2015-’16 het 4 315 navorsers navorsingsgeld deur programme wat deur die NRF/DST bestuur word, gekry. Hierdie syfer sal na verwagting in 2017-’18 tot 4 500 styg,” sê Pandor.

Vennootskappe vir sosiaal-ekonomiese innovasie gaan
R1,6 miljard kry.

“Die geld sal gebruik word ten bate van die ontwikkeling van wetenskap- en tegnologiegegronde innovasies vir die aanpak van armoede, insluitend die skepping van volhoubare werkgeleenthede en volhoubare menslike nedersettings en beter lewering van basiese dienste.”

Tegnologie-innovasie gaan sowat R1,1 miljard ontvang. Luidens die verklaring sal dit bestee word aan beleidsontwikkeling ten opsigte van strategiese fokusareas soos navorsings- en vaardigheidsontwikkeling in ruimtewetenskap, hernubare energie en bio-ekonomie; en die bevordering van die ontwikkeling, kommersialisering en wetlike beskerming van wetenskaplike navorsings- en ontwikkelingsuitsette, -prosesse en -dienste.

R128,7 miljoen sal aan internasionale samewerking en hulpbronne bestee word.

Hierdie toekenning moet gebruik word om, onder meer, die vloei van internasionale hulpbronne in die land vir wetenskap, tegnologie en innovasiegegronde sosiaal-ekonomiese ontwikkeling te verhoog.

Administrasie sal R383,7 miljoen ontvang.

“Dit is verantwoordelik vir die algehele bestuur van die departement en om te verseker dat organisasies wat deur die DST gefinansier word, aan die standaarde van goeie korporatiewe bestuur voldoen en hul aktiwiteite in ooreenstemming is met die strategiese fokus van die nasionale stelsel van innovasie.”

Meer oor:  Nrf  |  Naledi Pandor  |  Onderwys  |  Wetenskap  |  Departement  |  Beurse
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.