Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Onderwys
NSFAS bekommerd oor Heher-verslag

Die nasionale finansiële hulpskema vir studente (NSFAS) is erg bekommerd oor die implikasies wat die moontlikheid van gratis tersiêre onderwys in 2018 op sy fondse kan hê.

En pres. Jacob Zuma se gebrek om duidelikheid daaroor te gee, nadat hy vroeër die Heher-kommissie van ondersoek se verslag oor gratis hoër onderwys en opleiding uitgereik het, verhoog net die onsekerheid.

Die NSFAS is bekommerd oor van die bevindings in regter Jonathan Heher se bevindings in sy verslag oor tersiêre onderrig.Foto: Daily Sun

Steven Zwane, die NSFAS se uitvoerende hoof, het Woensdag só gesê kort nadat dié hulpskema ’n voorlegging oor sy gereedheid vir 2018 se akademiese jaar aan die parlement se verkose komitee oor onderwys en ontspanning gelewer het.

Volgens die NSFAS-voorlegging het die hulpskema tot dusver 224 000 aansoeke vir studentefinansiering vir 2018 afgehandel. 118 466 hiervan is vir nuwe eerstejaarstudente.

174 658 is vir universiteitstudies en die res vir tegniese en beroepsgerigte (TVET)-kolleges.

Die sluitingsdatum vir NSFAS-aansoeke is 30 November.

Zwane sê die NSFAS is met die huidige status quo slaggereed vir 2018.

“Ons is gereed om tot 500 000 nuwe en bestaande studente jaarliks te finansier. Ons is egter bekommerd oor (Zuma) se verwagte aankondiging oor gratis hoër onderwys en opleiding. As die president sê dat ons studente met ’n huishoudelike inkomste van tussen R150 000 en R350 000 per jaar moet finansier, kan ons die stelsel verander om dit te hanteer.

“Dit sal egter ’n ander storie wees as dit na ’n inkomste van R600 000 opskuif.”

Volgens Zwane sal dít ’n wesenlike invloed op die NSFAS se fondse, personeel, prosesse en stelsel hê.

Die NSFAS wil niks vooruitloop nie, omdat hulle reeds vir ’n vergadering met prof. Hlengiwe Mkhize, minister van hoër onderwys en opleiding en NSFAS se politieke hoof, gevra het om hul kommer oor die Heher-kommissie se verslag te bespreek.

Hy het gesê gewone prosedures geld steeds die 224 000 studente wat reeds vir MSFAS-finansiering vir 2018 aansoek gedoen het. “Ons is gereed vir hulle.”

Dan is daar ook die vraag of dit nog nodig is vir die NSFAS om te bestaan. Dit het ’n bietjie ongemak by ons span veroorsaak en daarom wil ons dit met die minister bespreek.

Oor die Heher-verslag wat verreikende gevolge vir die NSFAS het, het Zwane gesê hulle het ook voorleggings aan die kommissie gemaak.

“Dit is waarom ons bekommerd is oor van die aanbevelings. Een daarvan is dat die NSFAS net op TVET-kolleges moet fokus. Ons verstaan nie die verdienste agter dié argument nie.

“Dan is daar ook die vraag of dit nog nodig is vir die NSFAS om te bestaan. Dit het ’n bietjie ongemak by ons span veroorsaak en daarom wil ons dit met die minister bespreek.”

Zwane sê hy voel die NSFAS moes ook die geleentheid gekry het om voorleggings te kon maak voordat die verslag uitgereik is en dalk self aanbevelings kon gemaak het.

“Wat ons sedert die uitreik van die verslag gedoen het, is om ons personeel gerus te stel sodat hulle kan voortgaan om die finansies van bestaande studente te administreer. So ongemaklik soos ons met die huidige stand van sake is, het ons nog ’n organisasie om te bestuur,” sê Zwane.

Meer oor:  Heher-Verslag
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.