Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Onderwys
Nuwe LUR: ‘Ek gaan niks verander aan Lesufi se plan’
Nomantu Nkomo-Ralehoko
Nomantu Nkomo-Ralehoko praat met die media nadat sy Donderdag in Johannesburg as LUR vir onderwys in Gauteng beëdig is. Links van haar is Steve Mabona, woordvoerder van die departement van onderwys in Gauteng. Foto: Christiaan du Plessis

Sy gaan beslis die stokkie aanvat by Panyaza Lesufi, haar voorganger, wat taal in skole en die soneringsbeleid betref, sê Nomantu Nkomo-Ralehoko, Gautengse LUR vir onderwys.

Die nuwe LUR is Donderdag in Johannesburg saam met haar kollegas in die uitvoerende raad van David Makhura, Gautengse premier, beëdig.

Nkomo-Ralehoko sê die strukturele voorregte wat vasgelê is in taalpraktyke by sommige Gautengse skole is ’n saak “na aan haar hart”.

Sy sê Lesufi het weggedoen met beleid wat die kultuur van apartheid omarm en sy gaan nie daarvan afwyk nie.

“Ek is bereid om alles te doen wat hy gedoen het. Ek gaan niks in daardie stelsel verander nie insluitend die een (taalbeleid), want dit is toevallig een van my belangstellings en ek gaan dit najaag.”

Nkomo-Ralehoko sê sy gaan ook nie terugdeins van die toelatingsbeleid nie.

Lesufi het in sy termyn die toelatingsbeleid verander sodat skole nie meer voorkeur kan gee aan leerlinge binne ’n sekere geografiese gebied nie. Hy het ook die herbenaming van skole met sogenaamde koloniale en apartheidsera-name goedgekeur. Meer onlangs is die Hoërskool H.F. Verwoerd in Pretoria na die Rietondale Secondary School verander. Lesufi se nalatenskap is ook die omskakeling van meer as 100 skole wat of Afrikaans- of dubbelmedium was na Engelsmedium-skole.

Die drukgroep AfriForum het Lesufi daarvan beskuldig dat hy Afrikaans as onderrigtaal probeer uitwis en Nkomo-Ralehoko gewaarsku om nie Afrikaanse skole te viktimiseer nie.

“Ons hoop sy gee erkenning en respek aan alle skole in Gauteng. Lesufi het ’n polities-gemotiveerde agenda gehad en ons hoop sy is nie ook polities gemotiveerd nie,” sê Carien Bloem, hoof van onderrig by AfriForum. “Sy moet eerder fokus op probleme. Ons sou graag ’n vergadering met haar wou hê sodat ons op gelyke grond kan staan,” sê Bloem.

.

Meer oor:  Panyaza Le­Sufi  |  Gauteng  |  Lur
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.