Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Onderwys
Nuwe regulasies oor skole steeds nie in Staatskoerant

Dis ’n week nadat pres. Cyril Ramaphosa aangekondig het staatskole sluit en heropen weer in Augustus maar die regulasies is steeds nie in die Staatskoerant gewysig nie.

Ramaphosa het aangekondig matriekleerlinge sal op 3 Augustus terugkeer skool toe, gr. 7-leerlinge op 10 Augustus en die res van die grade op 24 Augustus.

Dr. Jaco Deacon, adjunkhoof van die Federasie van Beheerliggame van Suid-Afrikaanse Skole (Fedsas), het Woensdag aan Netwerk24 gesê dit veroorsaak groot onsekerheid, veral die president se opmerking oor die akademiese jaar wat tot 2021 verlang gaan word.

“Eerstens, dit was eenvoudig swak staatsmanskap en dit moet ondersteun word deur wetgewing. Dit skep onsekerheid en verwarring by die gewone Suid-Afrikaner. Tweedens, dit plaas ons as ’n demokrasie op dun ys en derdens gee dit geen sekerheid vir onderwysers en leerlinge nie. Die vraag is ook, mag naskoolse sentrums oop wees? Mag die res van die grade terugkeer wanneer skole in Augustus heropen,” sê Deacon.

Volgens Deacon is daar ook ’n emosionele en onsekere komponent wat by gr. 1 en 12-leerlinge ontstaan. “Dink aan daardie gr. 1 leerling wat vanjaar vir die eerste keer skool toe is en maar nog net ’n paar weke van onderrig ontvang het. Hoe verduidelik jy dit vir die kleintjies.”

Deacon sê die piek gaan die provinsies nie op dieselfde tyd tref nie dus verskil die omstandighede van plek tot plek.

Langa, skole, covid, inperking
'n Onderwyser deel maskers ui by 'n skool in Langa, Kaapstad nadat skole in Junie heropen het. Foto: Reuters

Nomusa Cembi, Sadtu-woordvoerder, sê Sadtu is bewus dat die regulasies nog nie in die Staatskoerant gepubliseer is nie, maar glo dat uitvoerende outoriteit steeds by die president bly.

“Ons respekteer steeds die aankondiging. Ons weet nie van enige skole wat oop is nie, want dit moet gesluit wees,” sê Cembi.

Intussen het die DA Woensdag ’n beëdigde verklaring by die hooggeregshof in Pretoria ingedien om ’n bevel te bekom dat die president se aankondiging oor die sluiting van skole onwettig, ongrondwetlik en nie bindend verklaar moet word.

“Die aankondiging van pres. Cyril Ramaphosa dat openbare skole vir vier weke sou sluit, is nog nie in die Staatskoerant gepubliseer nie. Die DA is van mening dat die aankondiging geen wettige uitwerking het nie en dat skole dus tegnies nie moes gesluit het nie, aangesien daar geen wetlike vereiste daarvoor is nie.

Die waarheid is dat die woord van die president nie wet is nie, slegs die wet is die wet,” lui die verklaring.

“Regulasies in die Staatskoerant bevat noukeurig omskrewe bevoegdhede, regte en verpligtinge. Dit spesifiseer ook duidelik watter regulasies of aanwysings hulle herroep of wysig. In teenstelling daarmee is ’n aankondiging, soos die president, nie daarop gerig om regte, verpligtinge en bevoegdhede te beskryf nie - dit is gewoonlik ’n politieke dokument wat daarop gemik is om ’n standpunt te regverdig of die openbare mening te beïnvloed.”

Die DA is steeds nie ten gunste van die sluiting van skole nie en sê dit was nie ’n besluit wat geneem is in die beste belang van die akademiese vordering van leerlinge nie.

Navrae en oproepe aan die departement van basiese onderwys oor wanneer die regulasies gewysig word het onbeantwoord gebly.

Meer oor:  Koronavirus  |  Staatskoerant  |  Inperking  |  Covid-19  |  Skole
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.