Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Onderwys
NVG sink klagtes teen SAOU en Klopper

Pogings om die bestuur van die Suid-Afrikaanse Onderwysersunie (SAOU) en sy uitvoerende hoof, Chris Klopper, weens korrupsie en bedrog te laat vervolg, het misluk.

Die nasionale vervolgingsgesag (NVG) het Donderdag by navraag bevestig dat daar geen gronde vir vervolging is nie.

Die SAOU het die aankondiging in sy nasionale nuusbrief aan lede gedoen en sê dit bevestig ’n vroeëre onafhanklike forensiese ondersoek dat daar geen wanadministrasie was nie.

Chris Klopper

Louw Erasmus, regsverteenwoordiger, het gesê daar word nou voortgegaan met ’n siviele eis van R3 miljoen vir naamskending van die SAOU se bestuur. ’n Hofsaak vroeër vanjaar om die eis te probeer keer, is onlangs met koste verwerp.

Verdere optrede wat oorweeg word, is ’n klagte by die onafhanklike polisieondersoekdirektoraat teen die ondersoekbeampte in die saak, want daar is vrae oor waarom en saam met wie hy voortgegaan het met die ondersoek nadat die NVG reeds aangedui het daar is geen saak nie.

Klagte by die media-ombudsman word ook oorweeg oor bepaalde mediaberigte, aldus Erasmus.

Die kwessie het ontstaan toe ’n Oos-Kaapse motorhandelaar, Michael Pashut, gesteun deur enkele SAOU-lede, onder meer beweer het daar is probleme met die SAOU se vergoedingsbeleid, bestuur van geldsake en kontrakte. Oudregter Willem Hartzenberg, bygestaan deur ’n forensiese ouditeur, het in ’n ondersoek bevind dat die organisasie volgens goeie korporatiewe beginsels bestuur word.

Pashut se regsverteenwoordiger, Du-Wayne Stoltz, het Donderdag gesê daar is geen meriete in die SAOU se eis teen hom nie en dit sal in die saak omvattend gehanteer word.

Hy is ook daarvan bewus dat die departement van arbeid en die Valke nog met ondersoeke besig is, ook weens klagte deur SAOU-lede. Daar moet by die instansies gevra word hoe hul ondersoeke vorder.

Pashut het ook sy aanbod herhaal dat hy sal betaal vir ’n heeltemal onafhanklike forensiese ondersoek, syns insiens die enigste manier om werklik agter die kap van die byl te kom. Volgens hom verwerp die SAOU die aanbod.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.