Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Onderwys
NW-onderwys moet R225 m. teruggee

Noordwes se onderwysdepartement moes glo R225 miljoen wat bedoel was vir onderwys-infrastruktuurprojekte, aan die nasionale tesourie teruggee omdat dit nie in die provinsie gebruik is nie.

Volgens Gavin Edwards, DA-woordvoerder oor onderwys in Noordwes, gaan dié toelaag van die nasionale tesourie nou na Mpumalanga.

Hy sê hierdie skokkende stand van sake het aan die lig gekom op ’n onlangse vergadering van die portefeuljekomitee oor onderwys in die provinsiale wetgewer. “Nie Wendy Matsemela, LUR vir onderwys, of Johannes Mohlala, die administrateur, of Stephinah Semaswe, departementshoof, kon behoorlike rekenskap gee oor hoekom dit gebeur het nie.”

Volgens Edwards is die gebeure veral kommerwekkend in die lig daarvan dat die departement in Augustus 2019 onderneem het om sy kontantvloei, asook infrastruktuur by skole, te verbeter.

“ ’n Tekort aan skole, gebrekkige sanitasiegeriewe en vervalle skoolgeboue behoort veral in ’n landelike provinsie soos Noordwes aandag te kry. Pleks hiervan val die pleidooie van duisende leerlinge en ouers vir beter geriewe op dowe ore.”

Edwards sê die departement moes al altesaam R351 miljoen aan die nasionale tesourie teruggee sedert hy in 2018 onder administrasie geplaas is. “Dit is ’n direkte vingerwysing na die nasionale onderwysdepartement se versuim om sy mandaat uit te voer om seker te maak hy kom sy grondwetlike verpligtinge na.”

Hy sê dis jammer dat die genoemde amptenare die blaam probeer verskuif. “Die dubbelsinnigheid ten opsigte van die rol en verantwoordelikhede van uitvoerende lede en verantwoordelike amptenare tydens die administrasieproses, dra by tot die swak prestasie van departemente onder administrasie.

“Nie die LUR, administrateur of departementshoof is bevoeg om hul departement reg te bestuur nie. Hulle al drie behoort die eerbare ding te doen en te bedank.”

Die DA vra nou dat dr. Job Mokgoro, Noordwes se premier, en Angie Motshekga, minister van basiese onderwys, die amptenare aanspreek.

Noordwes se onderwysdepartement het navrae Maandag na die nasionale departement verwys. Dié departement se woordvoerder het sedertdien nie sy selfoon beantwoord of op boodskappe reageer nie. Indien kommentaar wel later ontvang word, sal dit bygewerk word.

Meer oor:  Gavin Edwards  |  Noordwes  |  Infrastruktuur  |  Begroting  |  Onderwys
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.