Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Onderwys
NWU onder top 5% van wêreld se universiteite

Die Noordwes-Universiteit (NWU) het byna 100 posisies geklim in die ranglys vir universiteite wêreldwyd.

Dié universiteit is nou onder die top 4,8% uit meer as 18 000 universiteite oor die wêreld wat beoordeel is, sê die NWU in ’n mediaverklaring.

Prof. Dan Kgwadi, visekanselier van die Noordwes-Universiteit (NWU).

Die Center for World University Rankings (CWUR) doen die beoordeling. Die CWUR het die NWU as die sewende beste universiteit in Suid-Afrika gelys, maar dis ook die plaaslike universiteit wat die meeste posisies geklim het in die nuutste beoordeling. Die NWU was tevore in die 964ste posisie wêreldwyd, maar is nou 869ste.

Prof. Dan Kgwadi, visekanselier van die NWU, sê dié resultate dui daarop dat die universiteit uitstekend vorder in sy droom om ’n internasionaal erkende universiteit in Afrika te wees.

“Ons is besig om ons te onderskei op (onder meer) die gebied van maatskaplike betrokkenheid en ’n etiese standaard van omgee. Ons presteer nie net in innoverende leer en onderrig, asook navorsing nie, maar bevoordeel ook ons gemeenskap deur kennis.”

Die CWUR gebruik dié sewe maatstawwe om die 1 000 beste universiteite wêreldwyd te identifiseer:

  • Gehalte van onderrig: Hier word gekyk na die getal alumni by ’n universiteit wat internasionale pryse verwerf het.
  • Indiensneming van alumni: Dit word gemeet aan die getal oudstudente wat bestuurshoofde geword het by die wêreld se beste maatskappye.
  • Gehalte van fakulteite: Hier word oorweeg hoeveel akademici groot internasionale pryse en medaljes gewen het.
  • Navorsingsuitsette, gemeet aan die getal navorsingsreferate.
  • Hoëgehalte publikasies, gemeet aan die getal navorsingsreferate in hoogs aangeskrewe vaktydskrifte.
  • Invloed: die hoeveelheid navorsingsreferate in hoogs invloedryke vaktydskrifte.
  • Aanhalings, gemeet aan die getal navorsingsreferate wat gereeld aangehaal word.

Die grootte van die universiteite word ook in ag geneem in die oorweging van die bostaande kriteria.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.