Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Onderwys
NWU vereer Sooliman, Madonsela
Adv. Thuli Madonsela Foto: Verskaf

’n Profeet word dalk nie altyd in sy eie land geëer nie, maar dr. Imtiaz Sooliman, stigter van Gift of the Givers, bewys vandeesweek die teendeel wanneer hy met ’n eredoktorsgraad in Potchefstroom, sy geboortestad, vereer word.

Hy en adv. Thuli Madonsela, voormalige openbare beskermer, sal meer as net hul geboortejaar deel: Madonsela ontvang nes Sooliman ’n eredoktorsgraad van die Noordwes-Universiteit (NWU).

Prof. Monica Ferreira Foto: Verskaf

Die universiteit vereer ook prof. Monica Ferreira, ’n veelbekroonde kundige oor veroudering in Afrika, met ’n eredoktorsgraad.

Die NWU skryf in ’n mediaverklaring Sooliman ontvang Woensdag sy eredoktorsgraad op die Potchefstroomkampus, vir sy “uitsonderlike leierseienskappe, asook sy buitengewone bydraes tot oorgrens- en internasionale samewerking en maatskaplike geregtigheid wêreldwyd”.

Hy is op 7 Maart 1962 in Potchefstroom gebore en het in 1984 as ’n mediese praktisyn gekwalifiseer. Sooliman het Gift of the Givers in 1992 gestig en is sedert 1994 voltyds daarby betrokke. Hy het dit in een van die mees gerespekteerde humanitêre organisasies ontwikkel en tot die grootste rampreaksie-agentskap in Afrika, wat ook hier ontstaan het. Sooliman het in 1993 die wêreld se eerste en enigste mobiele vraghouerhospitaal ontwerp en ontwikkel. Dis in Bosnië ontplooi en deur CNN as een van die beste hospitale in Europa bestempel.

Sooliman is plaaslik en in die buiteland al met talle pryse vereer en het reeds sewe eredoktorsgrade by verskeie universiteite ontvang.

Dr. Imtiaz Sooliman Foto: Verskaf

Die NWU vereer Madonsela Donderdag vir haar rol “in die bevordering van grondwetlike demokrasie in Suid-Afrika, goeie regering en verantwoordbaarheid, asook die uitwis van korrupsie”.

Madonsela is op 28 September 1962 in Soweto gebore. Sy het ’n BA-graad in die regte en ’n LLB-graad verwerf. Nadat sy ’n aantal jare skool gehou het, het sy haar in die 1990’s op toegepaste regstudies begin toespits. Sy was van 2009 tot 2016 openbare beskermer. Madonsela is sedert 2018 in die leerstoel vir maatskaplike geregtigheid by die fakulteit regte aan die Universiteit Stellenbosch.

Sy was die medeargitek en stigtersvoorsitter van die navorsingsentrum vir die Afrika-ombudsman en medestigter van die South African Women Lawyers Association. Sy spog reeds met ander eredoktorsgrade en gesogte plaaslike en internasionale pryse.

Die NWU vereer Ferreria vir haar “omvattende baanbrekerswerk oor veroudering in Afrika en internasionaal”. So word haar “voorspraak oor ’n paradigmaskuif om die bydraes van ouer persone as waardevol te beskou, erken,” skryf die NWU in ’n mediaverklaring.

Meer oor:  Nwu  |  Thuli Madonsela  |  Imtiaz Sooliman  |  Eredoktorsgraad  |  Vereer
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.