Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Onderwys
NWU vorder goed op ranglys vir universiteite

Die Universiteit van Kaapstad (UK) is onlangs deur ’n internasionale organisasie aangewys as die beste universiteit in Suid-Afrika.

Prof. Mamokgethi Phakeng, visekanselier van UK, het Maandag gesê die gradering is vir die universiteit ’n groot bron van aanmoediging, veral gegewe die “geweldig mededingende, wêreldwye konteks waarbinne die universiteit funksioneer”.

“Ons het ook groot uitdagings wat betref dalende nasionale befondsing en die opdrag om te transformeer.”

Phakeng sê terwyl hul gradering die boodskap versterk dat leer, onderrig en navorsing by die UK van die hoogste gehalte is, kyk dié universiteit ook “versigtig” na die gradering. “Hulle probeer bestaande universiteite binne ’n verskeidenheid van kontekste vergelyk – kultureel, geldelik, histories, maatskaplik en polities. Die graderings is daarom nie perfek nie, veral waar dit gaan oor ontwikkelende lande.”

Die hoofgebou op die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit (NWU). Foto: Argief

Die Universiteit van die Witwatersrand beklee die tweede plek in Suid-Afrika, die Universiteit van Stellenbosch die derde en die Universiteit van KwaZulu-Natal is vierde.

Die Noordwes-Universiteit (NWU) is in die vyfde plek. Volgens Louis Jacobs, hoof van korporatiewe kommunikasie aan die NWU, is dit die eerste keer dat dié universiteit aan die meting deelneem.

Times Higher Education (THE) se universiteitsgradering vir universiteite op elke vasteland, word beskou as die mees invloedryke meetinstrument vir uitnemendheid. Volgens THE se webwerf doen dié organisasie al 50 jaar ontledings oor hoër onderrig. Universiteite wêreldwyd gebruik THE se ontledings om hul strategiese doelwitte te help bereik.

Jacobs van die NWU sê dié universiteit is wêreldwyd tussen posisie 501 en 600 geplaas in verskillende graderings waarvolgens 1 396 universiteite regoor die wêreld geëvalueer is.

“THE se ranglys vir universiteite die wêreld oor is die enigste wêreldwye prestasietabelle wat navorsingsintensiewe universiteite regoor al hul kernmissies beoordeel, naamlik vir onderrig, navorsing, kennisoordrag, internasionale profiel en bedryfsinkomste,” sê Jacobs.

Die NWU beklee die 375ste plek in die kategorie vir aanhalings. Dis is die maatstaf waarmee die universiteit se navorsingsinvloed gemeet word. Hier word gekyk na die gemiddelde aantal kere wat ’n universiteit se gepubliseerde werk deur vakkundiges wêreldwyd aangehaal word.

“Die aanhalings wys hoeveel elke universiteit tot die totaal van menslike kennis bydra en is dus ’n aanwyser dat die waarde van ons navorsing deur die wêreldwye vakkundige gemeenskap erken word,” sê Jacobs.

Die NWU het vroeër vanjaar ook met 100 plekke verbeter in die The Center for World University Rankings (CWUR) se graderings. Die NWU het hier van posisie 964 tot 869 geskuif. “Dit val in die boonste 4,8% van die meer as

18 000 universiteite wêreldwyd wat geëvalueer is,” sê Jacobs.

Prof. Dan Kgwadi, visekanselier van die NWU, sê hoewel die graderings nie ’n doelwit is wat die universiteit najaag nie, bevestig die verbetering in die CWUR se gradering “dat ons vordering maak op ons pad om ’n internasionaal-erkende universiteit in Afrika te wees wat bekend is vir betrokke wetenskapsbeoefening, maatskaplike betrokkenheid en ’n sorgsaamheidsetiek”.

Kliek hier vir meer inligting oor THE se graderings. 

Prof. Dan Kgwadi, visekanselier van die Noordwes-Universiteit. Foto: Verskaf

Meer oor:  Potchefstroom  |  Ranglys  |  Universiteite  |  Nwu
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.