Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Onderwys
O-Kaap onder groot druk oor skoolvervoer

Al hoe groter druk word op die Oos-Kaapse departement van basiese onderwys geplaas om vervoer vir leerlinge te verskaf.

Dit volg op ’n program waarvolgens verskeie skole gesluit en ander met mekaar saamgesmelt het. Dit het veroorsaak dat baie kinders nou oor groter afstande skool toe moet stap.

Anele Tiya se drie kinders het almal by Ross Junior Secondary naby Mthatha skoolgegaan voordat dié skool gesluit is.

“Die nuwe skool is meer as 20 km van ons dorp. Ek moet my kinders se welsyntoelae gebruik om hul vervoergeld te betaal. Dit kos my R360 per maand vir die vervoer,” sê sy.

“As die departement skoolvervoer kan verskaf, sal ons verlig wees. Ek sal kruideniersware met die kinders se toelae kan koop.”

Anelisiwe Nodalana se sewejarige moes by familielede in ’n ander dorp gaan woon om nader aan ’n skool te wees. “Dis moeilik om nie my dogter by my te hê nie,” sê sy.

“Ons ontvang net ’n sekere bedrag vir skoolvervoer. Dit is moeilik om aan almal te voorsien, maar ons doen ons bes,”
sê Malibongwe Mtima, woord­voerder van die Oos-Kaapse departement van basiese onderwys.

Chris Mdingi, provinsiale sekretaris van die Suid-Afrikaanse Demokratiese Onderwysersunie, beweer die departement laat skole saamsmelt sonder dat die gemeenskappe daartoe ingestem het.

Maar Mtima ontken dit. “Ons het nog nooit enige skole sonder die toestemming van die gemeenskap laat saamsmelt nie.” – GroundUp

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.