Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Onderwys
Rugbyafrigter van Durbanville-skool geskors oor opkikkers

Die afrigter van die eerste rugbyspan by ’n bekende Kaapse hoërskool is geskors hangende ’n ondersoek na sy beweerde betrokkenheid by opkikkers.

Hy ontken die bewerings.

Deon Fabel, voorsitter van die Hoërskool Durbanville se beheerliggaam, het Maandag bevestig Shaun Huygen, die skool se direkteur van rugby en die eerstespanafrigter, is Donderdag tydelik geskors hangende ’n ondersoek. Dit kom ’n week voor die skool se groot interskolewedstryd teen die Hoërskool Stellenberg, waarmee die wintersportseisoen afgesluit word.

Volgens Fabel het ’n voormalige leerling van dié skool, wat in 2018 gematrikuleer het, in Julie 2019 ’n verklaring afgelê waarin hy beweer Huygen het hom gehelp om opkikkers in te spuit.

Fabel het gesê volgens die leerling se verklaring het die onderwyser nie die opkikkers aan hom verskaf of aan hom verkoop nie, en dat hy ook nie by enigiemand anders in die skool opkikkers gekry het nie.

Meer as dit weet ek ook ongelukkig nie en ek moet wag tot die ondersoek teen my voltooi is.

“Huygen het volgens die leerlinge glo ook nie voorgestel dat hy dit gebruik nie. Niemand anders by die skool het dit glo voorgestel nie,” het Fabel gesê.

“Die leerling het raad gevra oor hoe hy beter kon rugby speel en Huygen het glo vir hom gesê hy sal moet ‘op-bulk’, maar hy het nie bedoel die leerling moet opkikkers gebruik nie,” het Fabel gesê.

Volgens Fabel het Huygen glo geweet dat die leerling die opkikkers gebruik het en hy het hom glo gehelp om dit in te spuit.

Die leerling het op 24 Julie ’n verklaring onder eed afgelê en dit is verlede week onder die beheerliggaam en die skoolhoof se aandag gebring.

Huygen is dadelik tydelik geskors.

“Ek kan niks anders doen as om dit te ontken nie,” het Huygen by navraag gesê.

“Meer as dit weet ek ook ongelukkig nie en ek moet wag tot die ondersoek teen my voltooi is.”

Hy sê hy is Donderdag ingeroep en is dadelik ingelig oor die verklaring en dat die skool hom tydelik skors hangende ’n ondersoek.

Fabel sê hulle tree ingevolge die skool se beleid op en as daar blyk enige strafregtelike oortreding was, sal dit by die polisie aangemeld word.

Die skool het nog nie ’n amptelike klag geformuleer nie.

Volgens sy inligting is dit nie noodwendig onwettig om die opkikkers te gebruik nie, maar ingevolge die skool se beleid is dit onaanvaarbaar.

“Dit is vir ons ’n verbode middel,” het hy gesê.

Oor die moontlikheid dat dit ’n heksejag kan wees teen Huygen, het Fabel gesê dit is nie, net dat dit “slegte tydsberekening” is.

“Dit is baie erg vir ons almal,” het Fabel gesê.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.