Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Onderwys
Onderwys: Gauteng plaas byna 4 500 leerlinge in 2 dae

Die departement van onderwys in Gauteng het die afgelope twee dae die getal kinders wat nog plek in skole kort, van 34 358 na 29 862 verminder.

Dit beteken 250 309 gr. 1- en gr. 8-leerlinge, of 88,51% van alle aansoeke, is nou geplaas.

Die departement sê in ’n verklaring amptenare werk kliphard om almal teen 30 November te plaas.

Wanneer ouers ’n SMS ontvang dat hul kind nie in hul skool van voorkeur plek gekry het nie, en die ouers is nie tevrede met die skool van die departement aanbied nie, kan hulle volgens die departement se webblad binne sewe dae vertoë rig.

Dié vorm kan HIER afgelaai word en die voltooide vorm moet aan die streekkantoor besorg word. Klik HIER vir die kontakbesonderhede.

Die streekkantoor moet binne sewe dae reageer.

As die ouers steeds ontevrede is met die streekkantoor se remedie, kan hulle regstreeks na die departement appelleer.

Ouers kan ’n appèlvorm HIER aflaai en moet dit binne sewe dae nadat die streekkantoor se reaksie ontvang is, invul en aan die departement stuur.

Rig die ingevulde vorm aan Panyaza Lesufi, die LUR, of Edward Mosuwe, departementshoof, en stuur die e-pos na admissions.Hotline.@gauteng.gov.za.

Die LUR beloof dat hy binne 15 skooldae ’n skriftelike antwoord sal voorsien.

As ouers nog vrae het, kan hulle die departement se inbelsentrum by 0800 000 789 bel, die naaste streekkantoor besoek, of ’n navraag stuur na gdeinfo@gauteng.gov.za.

Meer oor:  Panyaza Lesufi  |  Gauteng  |  Skoleplasings  |  Skooltoelating  |  Onderwys
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.