Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Onderwys
Onderwysdepartement betuig medelye oor fratsongeluk

Die Vrystaatse onderwysdepartement het Woensdag sy medelye met die naasbestaandes van ’n skoolseun betuig wat Dinsdag net ná skool in ’n fratsongeluk dood is.

Die gr. 10-leerling van die Calculus College in Bloemfontein het Dinsdagmiddag in ’n duikweg naby die skool gesterf toe ’n remdrom van ’n Toyota-bakkie afgeskiet en hom vermoedelik teen die kop getref het.

Hy is op die toneel dood en die remdrom het enkele meter van sy lyk af gelê.

Howard Ndaba, woordvoerder van die onderwysdepartement, het gesê hul harte gaan uit na die familie, vriende, medeleerlinge en die personeel van die skool.

Die bedekte lyk van ’n leerling van Calculus College in Bloemfontein. Die remdrom wat hom vermoedelik teen sy kop getref het, lê naby die lyk. Foto: Mlungisi Louw

“Dit was ’n tragiese voorval. Ons dink aan hulle en ons bid dat hulle berusting sal vind.”

Ndaba sê die departement het Woensdagoggend reeds vroeg met berading begin deurdat ’n sielkundige en ’n maatskaplike werker aan die leerlinge, vriende en onderwysers beskikbaar gestel.

Lt.kol. Thabo Covane, polisiewoordvoerder, sê die bestuurder van die bakkie sê hy het gevoel dat sy voertuig balans verloor, maar hy was nie daarvan bewus dat die buiteband losgeraak het nie. “Toe die bakkie tot stilstand kom, het die buiteband losgegaan en (het die remdrom) die leerling getref.”

Volgens Covane is die skoolseun teen die regterkant van sy kop getref.

Die polisie ondersoek ’n klag van strafbare manslag.

Meer oor:  Bloemfontein  |  Fratsongeluk
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.