Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Onderwys
‘Onderwyser sterf makliker as soldaat in DRK’

Beeldmateriaal wat wys hoe twee leerlinge van die Hoërskool Carlton van Heerden op Upington mekaar met messe takel, het groot reaksie op sosiale media ontlok.

Leerlinge en oudleerlinge van dié skool het hulle sterk oor die voorval uitgespreek.

Die leerlinge, onderskeidelik in gr. 9 en gr. 10, het mekaar Dinsdag ten aanskoue van ander leerlinge by die skool met messe toegetakel.

In die video word die gille van kinders gehoor en kan gesien word hoe ’n onderwyser vergeefs die stoeiende kinders uitmekaar probeer trek. Die bebloede seuns val grond toe voordat die video eindig.

Ek het in 1988 my sekondêre onderrig hier begin en het wonderlike herinneringe aan die skool. Dit was die dae toe lyfstraf nog toegelaat is – en my ma het dit 100% ondersteun.

Lehuma Ntuane, woordvoerder vir die onderwysdepartement, het Donderdag in ’n verklaring gesê die seuns is ná die voorval hospitaal toe gebring. Een het ’n meswond aan sy nek opgedoen. Die seuns is later uit die hospitaal ontslaan en is uit die skool geskors hangende ’n ondersoek om die nodige tugstappe te bepaal.

Leerlinge van die skool het oor die voorval gesê dit is ’n goeie skool waarop hulle trots is.

“As ’n leerling van Carlton van Heerden wil ek sê dat die voorval in enige ander skool ook kon gebeur het. Net omdat dit opgeneem is, beteken nie dat dit net by Carlton gebeur nie.

“Asseblief, moenie vinger wys na ons skool nie, Carlton is nié ’n slegte skool nie. Ons gaan deur ’n slegte tyd, maar dit sal na beter dae lei. Ons sal hierdeur kom, en mag die goeie dae ook op kamera vasgevang word,” skryf Renishia Visagie.

Igshaan Sulliman, ’n oudleerling van dié skool, het ook sy kommer uitgespreek. Hy het ander oudleerlinge en hooggeplaastes gevra om hul mening te lug oor voorkomende maatreëls wat toegepas kan word om dié gedrag te voorkom.

“Ek het in 1988 my sekondêre onderrig hier begin en het wonderlike herinneringe aan die skool. Dit was die dae toe lyfstraf nog toegelaat is – en my ma het dit 100% ondersteun.

Dit is hartseer dat die nuwe stelsel lyfstraf by skole afgeskaf het. Kinders daag gesag uit. Om onderwysers te tart is deesdae koel.

“Onderwysers kon ons nog ’n goeie pak slae gee as ons dit gewaag het om hul gesag te ondermyn. Ses van die bestes was ons voorland as ons van die skool of ’n klas sou wegbly.”

Hy sê die streng dissipline het sy generasie gevorm sodat hulle ’n aanwins vir die samelewing is.

“Dit is hartseer dat die nuwe stelsel lyfstraf by skole afgeskaf het. Kinders daag gesag uit. Om onderwysers te tart is deesdae koel.”

Hy sê die probleem is nie net hul optrede by die skool nie, maar ook die dissipline en opvoeding wat in hul huise toegepas word.

“Die vraag is nie wat tans in ons skole gebeur nie, maar eerder wat ons as ’n gemeenskap moet doen om dié spiraal in die onderwysstelsel te keer.”

Sulliman sê onderwysers se lewe is op die spel.

“Dit is makliker vir ’n onderwyser om sy lewe by ’n skool te verloor as vir ’n soldaat wat na die Demokratiese Republiek van die Kongo gestuur word. Ten minste kan ’n soldaat homself met ’n geweer beskerm, terwyl ’n onderwyser bedwelmde kinders met messe kaalhand moet afweer.”

Sulliman meen stappe moet gedoen word en sê dit kan nie toegelaat word dat die jeug hul toekoms weens ’n gebrek aan opvoeding kelder nie.

Meer oor:  Upington  |  Leerlinge  |  Onderwyser
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.