Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Onderwys
‘Onderwysers binne 10 jaar vervang’

Tegnologie sal die beste onderwysers in die toekoms met kunsmatige intelligensie (KI, beter bekend as artificial intelligence, AI) vervang, sê ’n onderwyskenner.

Sir Anthony Seldon, visekanselier van die Universiteit van Buckingham in Brittanje, voorspel dat die verandering binne die volgende 10 jaar sal plaasvind en die onderwysstelsel in sy geheel sal verander, berig Sky News.

Hy meen onderwysers sal steeds in die klaskamer nodig wees om toerusting op te stel en dissipline te handhaaf, maar dat hulle bloot assistente sal wees terwyl die werklike onderwys deur KI sal plaasvind.

“Elke kind kan die beste onderwyser hê en die sagteware word verpersoonlik. Dit kan teen die spoed van die leerling beweeg.”

Seldon het sy visie vir die toekoms tydens ’n gesprek op die Britse wetenskapfees verduidelik. Hy praat ook daaroor in sy nuwe boek wat in 2018 gepubliseer word.

Meer oor:  Dissipline  |  Sagteware  |  Toerusting  |  Onderwys  |  Tegnologie  |  Kunsmatige Intelligensie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.