Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Onderwys
'Wees eerder bang Jan as dooie Jan' – SAOU

“Wees eerder bang Jan as dooie Jan,” sê Chris Klopper, hoof van die Suid-Afrikaanse Onderwysersunie (SAOU), oor skole wat Maandag nog leerlinge in sekere grade sal verwelkom.

Angie Motshekga, minister van basiese onderwys, het Donderdag gesê net leerlinge in gr. R, gr. 6 en gr. 11 sal Maandag terugkeer skool toe.

Matrikulante en gr. 7’s is sedert 8 Junie by die skool.

In ’n onlangse meningsopname het 60,6% van die SAOU se lede gevra dat die infasering van leerlinge nie moet voortgaan nie.

“Onderwysers is angstig en onseker, maar hulle mag nie net wegbly nie. Dit is teen die wet. So ons moedig onderwysers aan om terug te keer en seker te maak dat die nodige maatreëls in plek is. As dit nie in plek is nie, moet die onderwysers na hul skoolhoofde gaan en sê hulle voel nie veilig nie. Eers dan kan hulle die perseel verlaat,” sê Klopper.

Die Suid-Afrikaanse Demokratiese Onderwysersunie (Sadou) het Vrydag in ’n verklaring geskryf sy lede se gesondheid en veiligheid is steeds sy eerste prioriteit.

Die vakbond skryf ook in die verklaring hy is “teleurgesteld” dat nog leerlinge Maandag terugkeer.

“Ons sou eers wou sien dat skole, personeel en leerlinge veerkragtigheid opbou teen die virus voordat nog leerlinge skool toe gaan,” luidens die verklaring.

Basil Manuel, uitvoerende hoof van Naptosa, sê alle onderwysers behoort teen dié tyd voldoende persoonlike beskermende drag (PPE’s) te hê.

“Wanneer iemand by ’n skool positief vir die koronavirus getoets is, het dit nie net ’n impak op onderwysers se veiligheid nie, maar ook op hul geestesgesondheid.

Elke onderwyser begin siek voel, al het hulle geen simptome nie,” sê Manuel.

Hy sê talle onderwysers is ook bekommerd dat hulle hul familielede tuis sal aansteek.

Meer oor:  Koronavirus  |  Saou  |  Angie Motshekga
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.