Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Onderwys
Onderwysunie se interdik aangehoor

Die Educators Union of South Africa (Eusa) sê sy aansoek vir ’n interdik teen die besluit van die minister van basiese onderwys, Angie Motshekga, om skole Maandag te heropen, gaan in die hooggeregshof in Pretoria aangehoor word.

Dit is Saterdag deur die onderwysvakbond bekend gemaak.

Volgens Eusa is hy die enigste organisasie tot dusver wat tot die stap oorgaan en sal hy nie toelaat dat “volksmoord” in skole plaasvind nie, volgens ’n verklaring. Onderwysers se lewens is ook ’n topprioriteit.

Eusa sê voorts onderwysers moet uitvind wie hulle “vriend” is, en wie die werkgewer se “vriend” is.

Volgens inligting op Eusa se Facebookblad sal die aansoek op 2 Junie in die hof gebring word.

Kabelo Mahlobogwane, ’n woordvoerder van die onderwysvakbond, het vroeër gesê hulle verstaan nie die haas om skole te heropen nie, veral nie as dit winter is nie. Daar kan ook nie met onderwysers se lewens gedobbel word nie.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.