Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Onderwys
Onluste: R300 m. se skade by skole aangerig

Angie Motshekga, minister van basiese onderwys, het Saterdag op ’n nuuskonferensie bekend gemaak die skade tydens die onlangse onluste in dele van KwaZulu-Natal en Gauteng beloop na raming R300 miljoen.

137 skole, drie ander fasiliteite en agt van die departement se kantore in KwaZulu-Natal is gevandaliseer.

In Gauteng het 11 skole deurgeloop.

“Dit is ’n groot terugslag, omdat die sektor reeds onder groot druk is wat infrastruktuur betref.”

Watertenks en koperkabels is gesteel, handboeke is gebrand en heinings en elektriese bedrading by skole is uitgeruk.

“Daar is erge strukturele skade aangerig, wat ’n gevaar vir leerlinge inhou, en daarom moet maatreëls in plek gestel word,” het Motshekga gesê.

Die polisie keer plunderaars in Eshowe aan tydens die onlangse onluste. Foto: Mlungisi Louw

Meer oor:  Plundery En Geweld  |  Onluste  |  Kzn-Herstel  |  Skole
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.