Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Onderwys
Onnie geskors ná bewerings van onsedelike aanranding

’n Senior toesighouer en onderwyser by ’n Noord-Kaapse skool is tydelik geskors nadat bewerings van onsedelike aanranding teen hom aan die lig gekom het.

Leerlinge in die koshuis het bewerings gemaak en lede uit die gemeenskap en oudleerlinge van die Hoërskool Colesberg het met nóg aantygings vorendag gekom toe die polisie se ondersoek begin het.

PW de Vos en Marlan Louw, voorsitter en ondervoorsitter van die skool se beheerliggaam, sê weens die ernstige aantygings is die personeellid se funksies om die “koshuis te beheer en administreer met onmiddellike effek” deur die beheerliggaam teruggetrek.

’n Senior toesighouer en onderwyser van die Hoërskool Colesberg in die Noord-Kaap is tydelik geskors nadat bewerings van onsedelike aanranding teen hom aan die lig gekom het.

Die beheerliggaam het egter nie die gesag om hom ook in sy hoedanigheid as onderwyser te skors nie, aangesien hy ’n werknemer van die onderwysdepartement is.

De Vos en Louw sê hulle staan terug dat die ondersoeke deur die polisie en die onderwysdepartement kan voortgaan.

’n Bron naby aan die ondersoek sê die ondersoek is in ’n sensitiewe stadium.

“Die een of twee verklarings wat ons het wat dálk strafregtelike oortredings kan uitmaak, is van oudleerlinge.”

Die oudleerlinge is “op die punt” om ’n dossier oop te maak, maar wil glo nie alleen te voorskyn kom nie.

Hy voorsien dat hulle heelwat inligting in die volgende paar weke sal inwin.

De Vos sê die beheerliggaam se eerste prioriteit is om die veiligheid van leerlinge te verseker, sê hy.

“Die betrokke leerlinge en hul ouers, voogde of versorgers sal sover moontlik deur die beheerliggaam ondersteun word.”

Die onderwysdepartement het teen druktyd nie gereageer op navrae nie.

Meer oor:  Noord-Kaap  |  Misdaad  |  Onderwyser  |  Geskors
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.