SPESIALE VAKANSIE-AANBOD: Teken in teen net R49 vir jou eerste maand! Word 'n intekenaar
Onderwys
Onnie loop ná sy glo met seuns lol

’n Waterpolo-afrigter en geskiedenisonderwyseres van een van die land se topskole het skielik by haar skool bedank ná bewerings dat sy “onvanpaste seksuele verhoudings” met skoolseuns gehad het.

Fiona Viotti saam met lede van ’n Bishops- waterpolospan by ’n onlangse wedstryd.

Guy Pearson, die skoolhoof van Diocesan College in Rondebosch in Kaapstad, het Saterdag in ’n brief aan ouers die nuus meegedeel dat een van Bishops se “vroue-onderwysers” – wat hy nie geïdentifiseer het nie – bedank het nadat die beweerde verhoudings met “sommige van ons seuns” op die lappe gekom het.

Die onderwyseres is die 32-jarige Fiona Viotti, ’n getroude vrou en voormalige lid van die nasionale waterpolospan wat Suid-Afrika by die 2006 Statebondspele verteenwoordig het. Sy het geskiedenis en Engels gegee en was ook ’n waterpolo-afrigter by Bishops.

Viotti is die dogter van Dave Mallett, ook ’n geskiedenisonderwyser by die skool en afrigter van die skool se eerste rugbyspan. Dave is Nick Mallett, oud-Springbok-speler, -afrigter en kommentator, se broer.

Viotti, wat in 2009 deur die Suid-Afrikaanse uitgawe van die tydskrif Sports Illustrated aangewys as een van die land se vyf aantreklikste vrouesportsterre, is in September verlede jaar met die sakeman Pavo Viotti getroud.

IOL het Saterdag berig dat ’n matriekseun met wie Viotti ’n verhouding gehad het, blykbaar die verhouding probeer beëindig het waarna Viotti “dreigende” Whats-Apps aan hom gestuur het.

Skool sê ‘seuns is slagoffers’.

Die verhouding het toe onder die seuns rugbaar geword.

Die ouers van die seun wat na bewering ’n verhouding met haar gehad het, het Saterdag deur ’n vriend gesê hulle gaan nie kommentaar lewer nie.

Die vriend het benadruk dat die seun blykbaar nie Viotti se enigste minnaar was nie.

Die skool het ook deurgaans in hulle korrespondensie met ouers na “seuns” verwys.

Pearson het Vrydag in ’n kort verklaring gesê die skool beskou die kwessie in ’n baie ernstige lig en is besig met ’n “volledige ondersoek”.

Hy het Saterdag dié verklaring opgevolg met nóg ’n e-pos waarin hy bygevoeg het: “Verstaan asseblief dat die seuns die slagoffers in dié geval is en ons moet altyd hulle waardigheid en privaatheid respekteer . . .Weet asseblief dat ons weet dat die seuns nie gefouteer het nie en ons rol is om hulle te beskerm, te help en te ondersteun.”

Rapport het Viotti Saterdag probeer kontak, maar sy het nie haar selfoon of huistelefoon beantwoord nie.

Sy het die teksboodskappe wat aan haar gestuur is gelees, maar nie daarop gereageer nie.

Pavo Viotti het ook nie op Rapport se boodskappe en oproepe reageer nie.

Net soos sy vrou het hy al sy profiele op sosiale media gesluit.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.