Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Onderwys
Onnies in Vrystaat doen niks meer buitemuurs nie

Die betrokkenheid van skole en onderwysers by die arbeidsoptrede in die Vrystaat bekend as “work to rule” is meer voordelig as wat dit nadelig vir die onderwys en leerlinge is.

Só sê Mokholoane Moloi, provinsiale sekretaris van die Suid-Afrikaanse Demokratiese Onderwysersunie (Sadou), nadat baie van sy lede Maandag hul reg uitgeoefen en weggebly het van enige buitemuurse skoolaktiwiteite.

Mokholoane Moloi, Vrystaatse sekretaris van die Suid-Afrikaanse Demokratiese Onderwysersunie.

Volgens hom kan onderwysers en skoolhoofde nou tydens die sewe verpligte skoolure uitsluitlik op onderrig fokus, sonder enige bykomende verpligtinge teenoor die onderwysdepartement.

“Ons het ook ons lede wat by die departement se hoofkantoor werk, aangeraai om nie na skole te gaan om programme aan te bied nie.

“Hierdie is alles in opbou tot 2 Junie se optog na die premierskantoor om ons griewe te lug,” sê Moloi.

Sowel Sadou as die Suid-Afrikaanse Onderwysersunie (SAOU) het tot arbeidsoptrede oorgegaan nadat die departement nie by die sperdatum van 30 April gehou het om alle uitstaande salarisse, skoolsubsidies, koshuistoelae en ander gelde te betaal nie.

Gevolglik het die twee vakbonde hul lede, sowat 18 500 van die totaal van 23 000 onderwysers in die provinsie, aangeraai om hul reg op “work to rule” uit te oefen wat hulle vrystel van enige amptelike taak, vergadering of buitemuurse aktiwiteite buiten die sewe werkure by die skool.

Die Federasie van Beheerliggame van Suid-Afrikaanse Skole (Fedsas) het vroeër gesê hy ondersteun die aksie, mits onderrig en leerlinge nie die slagoffer word en daaronder ly nie.

“Ons hoor by sommige skole hulle begin betaling van die onderwysdepartement ontvang, maar hulle het nie ’n benul waarvoor daardie geld is nie, want daar word nie deur die departement gekommunikeer nie,” sê Moloi.

Meer oor:  Fedsas  |  Sadou  |  Vrystaat  |  Onderwysers
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.