Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Onderwys
Inenting nié nodig vir skoolgee

Die departement van basiese onderwys het Woensdag onderwysers gerusgestel dat hulle steeds kan werk, al is hulle nie teen die koronavirus ingeënt nie.

Dit het gevolg ná vals nuus wat verlede week aan onderwysers gestuur is dat hulle nie sal kan werk as hulle nie ingeënt is nie.

“Die departement van basiese onderwys het met kommer kennis geneem van die misleidende verslae en verkeerde inligting rakende die omsendbrief wat verlede week aan skole gestuur is,” lui die verklaring.

Die departement sê hy is ook bewus daarvan dat ’n uittreksel uit die omsendbrief aan skole op sosiale media gedeel is. Dit het onnodige angs en paniek veroorsaak onder onderwysers wat nog nie ingeënt is nie.

Volgens die departement is meer as 517 000 uit 582 000 personeellede in die onderwys reeds ingeënt.

“Van die mense kon weens verskeie redes nie ingeënt word nie – soos personeellede wat positief getoets is vir die virus, mense wat teen griep ingeënt is, asook huiwering,” sê die departement.

“Die doel van omsendbrief 4 van 2021 (gedateer 23 Julie 2021 en onderteken deur die direkteur-generaal, Mathanzima Mweli) is om leiding te gee oor die bedryfsvereistes vir opvoeders na aanleiding van die Covid-19-inentingsprogram. Dit dien ook as ’n riglyn vir die bestuur van kwesbare werknemers in die konteks van die huidige pandemie,” sê die departement.

Van die mense kon weens verskeie redes nie ingeënt word nie – soos personeellede wat positief getoets is vir die virus, mense wat teen griep ingeënt is, asook huiwering.

Alhoewel alle personeellede in die onderwyssektor aangeraai word om hulself te laat inent, het die departement in “geen stadium personeel gedwing om ingeënt te word nie”.

Volgens die departement respekteer hy die regte van onderwysers wat verkies om eerder nie ingeënt te word nie op grondwetlike, godsdienstige, kulturele of mediese gronde.

Onderwyspersoneel wat weens ’n mediese toestand nie hul pligte na behore kan vervul nie, sal in terme van die Arbeidswet en die Wet op die Indiensneming van Opvoeders hanteer word.

“Die doel met die omsendbrief was om stappe te gee wat gedoen kan word om onderwysers te akkommodeer wat om verskillende redes nie ingeënt is nie,” sê die departement.

Meer oor:  Inenting  |  Koronavirus  |  Onderwysers  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.