Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Onderwys
Onnies noem sekere leerlinge glo ape en bobbejane

Talle leerlinge van die Hoërskool Strelitzia in Uitenhage in die Oos-Kaap het Woensdagoggend voor skool buite die skoolhek teen beweerde rassisme deur onderwysers teenoor sekere leerlinge betoog.

Lede van die EFF in wyk 27 het na die skool toe opgeruk en eers saam met die leerlinge betoog voordat hulle ’n byeenkoms saam met die hoof en die res van die skool bygewoon het.

Volgens Vusumzi Gqalame, lid van die EFF, het ’n leerling ’n brief aan dié EFF-lede geskryf waarin sy uitstippel hoe sekere swart leerlinge na bewering deur sommige wit onderwysers vir “ape” en “bobbejane” uitgekryt word. Luidens die brief word swart leerlinge ook nie toegelaat om hul tradisionele krale of natuurlike afro-haarstyl te dra nie, terwyl Moslem-leerlinge glo kopdoeke en serpe mag dra. Die brief lui dat veral die swart meisies voel hulle word verdruk.

Lede van die EFF in wyk 27 het Woensdag na die Hoërskool Strelitzia in Uitenhage opgeruk nadat ’n leerling ’n brief aan hulle gerig het waarin bewerings van rassisme by die skool gemaak word. Foto: Charles Pullen

Gqalame sê hulle het na die skool gekom en die byeenkoms saam met die skoolhoof en twee verteenwoordigers van die Oos-Kaapse onderwysdepartement (OKOD) bygewoon om dié saak te pak.

Volgens hom is daar ooreengekom dat die wit onderwysers wat by die beweerde rassisme betrokke was, ’n formele verslag daaroor by die skoolhoof moet inhandig, wat dit dan aan die departement sal stuur.

“Ons het ook vir die skool gesê dat die skoolbeleid deur die skoolbeheerliggaam hersien moet word en ’n nuwe leerlingraad aangewys moet word wat demokraties deur die leerlinge gekies is,” sê hy.

Mali Mtima, ’n woordvoerder van die OKOD, het gesê die distriksdirekteur is van die voorval in kennis gestel en het die betoging bevestig. “Twee senior verteenwoordigers van die departement is gestuur om die bewerings te ondersoek en stappe voor te stel om die saak op te los,” sê Mtima.

“ ’n Voorval-reaksieverslag is ook aangevra en sal deur die distriksdirekteur na die provinsiale departement gestuur word vir goedkeuring voordat dit in werking gestel word,” sê Mtima.

Meer oor:  Uitenhage  |  Oos-Kaap  |  Rassisme  |  Eff  |  Onderwys  |  Ondersoek  |  Skool
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.