Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Onderwys
‘Ons diskrimineer nie’ – skole ná Lesufi-twiet

Die Laerskool Wonderboom en die Laerskool Magalieskruin in Pretoria sê aantygings van diskriminasie teen hulle is “ongegrond en van alle waarheid ontbloot”.

Panyaza Lesufi, Gautengse LUR vir onderwys. Foto: Argief

Dit volg nadat Panyaza Lesufi, Gautengse LUR vir onderwys, Dinsdagaand ’n brief van ’n “besorgde ouer” op Twitter geplaas het.

In die brief skryf die ma sy bly vyf minute van bogenoemde laerskole af “maar ek kan hom (haar seun) nie na een van dié skole stuur nie omdat hulle Afrikaans-medium is”.

Sy vra wat die departement gaan doen oor “Afrikaanse skole wat steeds teen swart mense diskrimineer”.

Luidens die verklaring van die skole Donderdagaand is daar ’n totaal van vyf openbare skole in die omgewing, waarvan drie Afrikaans-medium is, en twee Engels-medium.

Die Northridge Primary is in dieselfde straat en byna in die middel van die twee Afrikaanse laerskole geleë. Die ander laerskole in die omgewing is die Laerskool Stephanus Roos en die Doornpoort Primary.

Die skole sê hulle moedig juis diversiteit aan.

“Enige leerling wat in Afrikaans onderrig wil ontvang, is welkom. Die skole gebruik nie die taalbeleid om sekere groepe uit te sluit nie. Inteendeel, die skole doen alles in hul vermoë om die diverse groep Afrikaanssprekers in die provinsie te dien.”

Aansoeke om toelating tot gr. 1 kan slegs deur die aanlyn aansoekstelsel op die Gautengse onderwysdepartement se webtuiste gedoen word, waarna die skool die vereiste inligting oor die leerling sal ontvang en nagaan.

Geen registrasietydperk vir 2021 is nog aangekondig nie en die skole het dus nog geen aansoeke om toelating tot gr. 1 ontvang nie,” lui die verklaring.

Lesufi het Woensdag gesê hy sal eers die insae van die publiek oorweeg voordat hy sal optree.

Meer oor:  Panyaza Lesufi  |  Pretoria  |  Covid-19  |  Skole  |  Koronavirus  |  Onderwysers
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.