Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Onderwys
‘Ons sal nie in eksamen kul,’ beloof dié matrieks

“Moet nie kul nie.”

Dit is die boodskap wat Debbie Schäfer, Wes-Kaapse LUR vir onderwys, Donderdag aan matrikulante gegee het wat op 22 Oktober vanjaar met hul eindeksamen begin.

Schäfer het in ’n verklaring gesê dat sy Donderdagoggend die Hoërskool Fisantekraal naby Durbanville besoek het waar 118 matrikulante vrywillig ’n eed afgelê het dat hulle aan al die reëls en regulasies van die nasionale eindeksamen sal voldoen.

Sou ’n kandidaat in die eksamen met afkyknotas of elektroniese toestelle betrap word, kan hul uitslae vir die betrokke vak nietig verklaar word.

Schäfer het gesê dat die Wes-Kaapse onderwysdepartement (WKOD) buiten die meer as 1 000 skooltoesighouers, ook 1 273 toesighouers by die 457 eksamensentrums aangestel het.

Hul pligte is onder meer om toe te sien dat kandidate by die reëls en regulasies hou.

“Ek moet alle kandidate waarsku om nie in die eksamens te kul nie. Dit kan ernstige gevolge hê wat onder meer daartoe kan lei dat ’n kandidaat vir drie jaar nie die eindeksamen mag aflê nie.

“Sou ’n kandidaat in die eksamen met afkyknotas of elektroniese toestelle betrap word, kan hul uitslae vir die betrokke vak nietig verklaar word.

Die kandidaat sal egter die uitslae vir ander vakke ontvang, sowel as ’n brief oor die aard van die onreëlmatigheid en die sanksie wat opgelê is.

Die kandidaat sal ook nie ’n matrieksertifikaat ontvang totdat hy of sy die betrokke vak oorgeskryf het nie.

Die matrikulante van Fisantekraal het onderneem om:

* Instruksies van toesighouers gedurende die eksamen te volg;

* nie beïnvloed te word deur enigiemand wat probeer om hulle te oortuig om te kul nie;

* nie namens ander kandidate te skryf, hulp aan ander te verleen of notas te kopieer en dit na die eksamenlokaal saam te neem nie; en

* geen elektroniese toerusting die eksamenlokaal binne te neem nie.

Meer oor:  Debbie Schäfer  |  Matriekeksamen2018  |  Eksamen
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.