Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Onderwys
Onsekerheid onder koshuisouers oor poste

Koshuisouers op die Noordwes-Universiteit (NWU) se Potchefstroomkampus is onseker hoe lank hulle nog hul werk gaan behou terwyl glo plek gemaak word vir transformasie-aanstellings.

Prof. Rikus Fick, direkteur: studentelewe aan die NWU, het egter Dinsdag gesê geen huisouer se kontrak is beëindig voordat dit verstryk het nie.

Hy sê daar is wel besluit dat nuwe aanstellings “optimaal moet bydra” tot die “optimale diversiteit van die huisouer-korpus”.

“Die normale prosedures sal gevolg word om nuwe huisouers aan te stel wanneer bestaande huisouers se kontrakte verstryk. Poste sal geadverteer word, waarna kandidate aansoek sal kan doen, onderhoude gevoer en aanstellings gedoen sal word. Die beginsel geld steeds dat die mees geskikte persoon vir die posisie gekies sal word, met diversiteit as belangrikste oorweging.”

Verskeie koshuisouers meen die NWU is “duidelik besig” om via hul koshuisstudentelewe sekere teikens te stel wat die demografie op die Potchefstroomkampus gaan verander. Koshuise hier is nog sowat 70% wit.

“Huisouers (op die Potchefstroomkampus) het nog altyd ’n kontrak van drie jaar gehad, wat dikwels hernu is vir ’n verdere drie jaar of selfs langer indien hulle positief geëvalueer is,” sê een huisouer.

“Nou is van die kontrakte met net ’n jaar verleng. Huisouers by twee koshuise waarvan ek weet wat graag wou aanbly, se kontrakte is nie hernu nie – al het hulle positiewe evaluasie van hul koshuise gekry. Hulle het briewe ontvang waarin hulle vir hul dienste bedank word, maar gesê is hulle moet gaan in ooreenstemming met die NWU se transformasiebeleid.”

Volgens ’n huisouer is ’n verwagting by hulle geskep dat hul termyne heel moontlik hernu sal word indien hulle positief geëvalueer word. “Nou word ons tot op nommer 99 in die duister gehou. Dit skep groot onsekerheid en wantroue jeens die universiteitsbestuur. Ons wonder hoekom huisouers geëvalueer word indien hulle nie weer aangestel gaan word nie, en hoekom ervare huisouers vervang word ter wille van transformasie.”

Die beginsel geld steeds dat die mees geskikte persoon vir die posisie gekies sal word, met diversiteit as belangrikste oorweging.

Fick sê ’n komitee onder sy leierskap besluit of die termyn van drie jaar verleng kan word of nie. “Wanneer ’n koshuisouer die eerste keer aangestel word, is dit altyd vir ’n termyn van drie jaar. Daarna kan die kontrak verleng word vir enige tydperk. Dit is die bestuur se prerogatief om te besluit of die kontrak hoegenaamd hernu gaan word en indien wel, vir hoe lank. Sover ek weet, was net een koshuisouer ontevrede omdat sy/haar kontrak onlangs vir een pleks van drie jaar hernu is.”

Volgens Fick is ’n proses tans aan die gang om die koshuisouer-beleid op al drie die kampusse in Potchefstroom, Mahikeng en Vanderbijlpark te belyn. “Gaan hulle nou wit koshuisouers in Mahikeng aanstel?” wou ’n koshuisouer van Potchefstroom weet.

Meer oor:  Onderwys  |  Poste  |  Nwu
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.