Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Onderwys
Ontgroening: Geskorste studente van Wilgenhof onskuldig

Inwoners van die manskoshuis Wilgenhof op Stellenbosch, wat in 2020 tydelik geskors is ná klagtes van wanpraktyke tydens die ontgroening van die nuwe eerstejaars, is nou onskuldig bevind.

Die studente is onder meer daarvan beskuldig dat hulle sogenaamde homofobiese beelde op sosiale media versprei het.

Netwerk24 is in besit van ’n dokument wat prof. Deresh Ramjugernath, viserektor: leer en onderrig aan die Universiteit Stellenbosch, aan studente en ouers gestuur het waarin die proses, asook die bevinding, verduidelik word.

Die US se afdeling vir studentesake het in Februarie 2020 in ’n brief bevestig inwoners van Wilgenhof wat betrek is by die beweerde dade wat ander se menswaardigheid aangetas het, is tydelik van hul pligte in die koshuis onthef.

’n Amptelike ondersoek word gedoen om te bepaal of die bewerings die waarheid is en of die koshuisreëls en die US se dissiplinêre kode oortree is.

Die US se sentrale dissiplinêre komitee (die SDK) het die klagtes ondersoek en dié proses is in Junie 2020 afgehandel.

Daar is nietemin beslis dat die universiteit reg was om die klag ernstig op te neem en korrek gereageer het.

Daarna moes die partye geskikte opeenvolgende datums vir die dissiplinêre verhoor in verskeie dagboeke bespreek. Die dissiplinêre verhoor het begin Desember 2020 plaasgevind.

Ná die verhoor het die eksterne dissiplinêre paneel sy verslag op 3 Maart 2021 gelewer.

Die paneel het deels bevind die oortredings kom nie neer op wangedrag nie, lui die verklaring onder meer.

“Daar is nietemin beslis dat die universiteit reg was om die klag ernstig op te neem en korrek gereageer het.”

Die paneel het aanvaar dat sekere reëls van die universiteit oortree is en het ook aanvaar dat die huiskomiteelede reeds gestraf is deurdat hulle vir die hele 2020 as koshuisleiers geskors was.

Luidens die dokument het die paneel verskeie aanbevelings by sy verslag ingesluit. Die verslag is toe voorgelê aan die dissiplinêre komitee wat op 29 Maart 2021 sy eie verslag uitgereik het.

“Die komitee het met die bevindinge saamgestem en die studente onskuldig bevind. Aanbevelings is gedoen wat volgens die dissiplinêre komitee geregverdig is in die lig van wat hulle as kommerwekkende praktyke beskou.”

Die universiteit se afdeling studentesake sal die aanbevelings implementeer om soortgelyke oortredings in die universiteit se verwelkomingsweek te voorkom.

“Die universiteit beskou dit as ’n geleentheid om die aanbevelings op ’n algemener vlak te bespreek, en sal alle koshuise by sy beraadslaging en oorwegings insluit,” sluit die brief af.

Die komitee het met die bevindinge saamgestem en die studente onskuldig bevind. Aanbevelings is gedoen wat volgens die dissiplinêre komitee geregverdig is in die lig van wat hulle as kommerwekkende praktyke beskou.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.