Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Onderwys
Kennis in vlamme op
Operasie Red Tuks
ANC en AfriForum deel van vredesplan
Die uitgebrande wetenskapsentrum op die Mafikeng-kampus van die Noordwes-Universiteit nadat dit deur oproerige studente aan die brand gesteek is. Regs staan ’n BMW wat in van die klasse gebruik is. Verskeie geboue op die kampus is in puin gelê.

’n Verskeidenheid organisasies het ooreengekom op ’n omvattende “vredesplan” om stabiliteit na Tuks terug te bring.

Dit sluit die ANC-SAKP-Cosatu-alliansie, verskeie jeugorganisasies, Solidariteit en AfriForum in.

Provinsiale leiers van die ANC in Gauteng, nasionale leiers uit die Solidariteit-groep en verteenwoordigers van jeug- en studentegroepe van die Universiteit van Pretoria (UP) het eergistermiddag op ’n spesiale spitsberaad begin om ’n omvattende ooreenkoms op te stel.

Dit behels samewerking om die akademiese program sonder onderbreking te laat voortgaan en prosesse te ontwikkel oor hoe vraagstukke en verskille op ’n vreedsame manier hanteer sal word.

“Genoeg is genoeg!” Prof. Cheryl de la Rey gister aan die woord. Foto: Deaan Vivier

Teen gister was die partye nog besig om die ooreenkoms te verfyn en die verwagting is dat ’n formele aankondiging die naweek gedoen sal word. Een van die grootste rolspelers in die ontwrigting van kampusse – die EFF – was nie op die spitsberaad teenwoordig nie.

Deelnemers het bevestig dat daar ook met die provinsiale polisieleierskorps en stasiebevelvoerders in Pretoria samesprekings gevoer is. Die polisie het op die vergadering verseker dat daar Maandag ’n strategiese ontplooiing sal wees om veiligheid op die UP se Hatfield- en Groenkloof-kampus te verseker.

Prof. Cheryl de la Rey, rektor en visekanselier van die UP, het eergister gesê klasse sal Maandag hervat word.

Hoewel nie een van die organisasies by navraag gister wou kommentaar lewer nie, het ingeligtes by die UP bevestig dat die groep eergisteraand ook met De la Rey vergader het. Sy het die inisiatief verwelkom.

De la Rey het gister op ’n mediakonferensie gesê sy het die laaste paar dae saam met verskillende groepe, nie net studente nie, hard gewerk om die konflik op te los, berig Carryn-Ann Nel.

“Ons moet die situasie met empatie benader en dit uit ander se oogpunt sien. Dit kan ’n lang proses wees, maar die belangrikste is dat ons dit met re­spek benader. Daarsonder sal ons nie konstruktief wees nie.”

’n Hooggeplaaste ANC-politikus het aan Beeld gesê hulle hoop die vredesinisiatief is ’n historiese deurbraak wat as “laboratoriumprojek” vir ander kampusse kan dien.

Tuks-studente bid vandeesweek saam vir vrede. Foto: Nelius Rademan

Hy sê verandering en inklusiwiteit op kampusse is nodig, maar daar kan nie toegelaat word dat akademiese programme verder ontwrig word nie.

Volgens hom was die Solidariteit-groep en jeugorganisasies se deelname aan die gesprek opbouend en daarop gerig om oplossings te vind. Hy het ook gewaarsku dat daar vanaf Maandag strenger as ooit teen ontwrigters opgetree sal word.

Die UP-universiteitsraad sal die inisiatief môrebespreek. Een van die kwessies is ’n versoek van die vredesgroep dat die universiteit se huidige proses om ’n nuwe taalbeleid te ontwikkel, opgeskort word en dat van vooraf begin moet word.

Die taalproses het die afgelope week in omstredenheid beland toe prof. Koos Malan, ’n lid van die taaltaakgroep, die feit betwis het dat die groep Engels as algemene onderrigtaal aanbeveel het. Hy het daarop gewys dat, anders as wat aangekondig is, die taakgroep steeds ’n model van veeltaligheid aanbeveel het (berig op bl. 4).

Prof. Norman Duncan, die UP se viserektor: akademies, het in ’n e-pos erken dat die senaat die taakgroep se aanbevelings gewysig het tot Engels as me­dium. Dié kwessie sal na verwagting ook voor die raad dien.

Meer oor:  Solidariteit  |  Cosatu  |  Afriforum  |  Sakp  |  Anc  |  Studente  |  Tuks
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.